AGP (Gesondheidsorg)

Sleer-Gesondheidsorg

Afrikaanse Gesondheidspraktisyns (AGP)

Die Solidariteit Beroepsgilde vir Afrikaanse Gesondheidspraktisyns is ʼn helpmekaarforum vir gesondheidsorgpraktisyns wat in Afrikaans praktiseer en studeer.

  • Die AGP sal pro-aktief en reaktief as spreekbuis en drukgroep vir die beroep optree om die visie van die Gilde te bevorder.
  • Die AGP sal as ʼn gemeenskap van Afrikaanse professionele beroepslui optree. Lede van die Gilde sal beste praktyk, kundigheid en kennis onder mekaar deel en bevorder.
  • Die AGP sal altyd sterk klem lê op Afrikaanse opleiding. Solidariteit Gilde-lede bly op die voorpunt van hul beroep deur die nuutste tegnieke en kennis in hul moedertaal (Afrikaans) te bemeester. Die Gilde sal voortgesette professionele opleiding oor nuwe tegnieke, wetswysigings en algemene beroepsopleiding bied of diensverskaffers daarvan ondersteun.
  • Die AGP sal veg vir die behoud van Afrikaans as wetenskap- en onderrigtaal in die beroepsrigting by bestaande opleidingsinstellings, terwyl dit ook sal bydra tot die oprigting en uitbreiding van Akademia, ʼn onafhanklike Afrikaanse opleidingsinstelling van die Solidariteit Beweging.
  • Die AGP neem verantwoordelikheid vir die volgende geslag beroepslui in hul rigting. Die beroepslui van die Gilde dra by tot ʼn beursfonds vir studente wat die beroep wil betree, verskaf mentorskap en vakansiewerkgeleenthede vir ingeskrewe studente en studente-lede van die Gilde en is ook die wegspringpunt vir indiensnemingsmoontlikhede vir jong Gilde-lede.

Wat se die mense oor AGP en ons opleiding

Fotos

Kliek op die seminaarnaam om die fotos te sien:

Share This