Na afloop van hierdie e-leer sal jy die begrip van die term Vierde Industriële Revolusie of Nywerheidsrevolusie verstaan, asook ‘n begrip hê van die geweldige implikasies daarvan op die arbeidsmark en individuele welstand. Kennisname van die tien kritieke vaardighede wat volgens kenners broodnodig in die volgende dekade gaan wees.
KURSUSBENAMING:
10 Kritieke vaardighede ter voorbereiding vir die vierde industriële revolusie
DATUM EN DUUR VAN KURSUS
Op jou eie tyd
KURSUSFORMAAT:
E-Leer
KOSTE VAN KURSUS:
Nie-lede: R1 500
Lede: R9 00
PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:
In die gerief van jou eie kantoor
OORSIG VAN INHOUD:
Die 10 kritieke vaardighede sluit die volgende in:
Komplekse probleemoplossing
Kritiese denke
Kreatiwiteit
Bestuur van mense
Koördinering met ander
Emosionele intelligensie
Besluitneming en oordeel
Diensgeoriënteerdheid
Onderhandelingsvaardighede
Kognitiewe buigbaarheid
KURSUSUITKOMSTE:
Verstaan en begrip van die term Vierde Industriële Revolusie of Nywerheidsrevolusie
Begrip van die geweldige implikasies daarvan op die arbeidsmark en individuele welstand
Kennisname van die tien kritieke vaardighede wat volgens kenners broodnodig in die volgende dekade gaan wees
WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?
Enige persoon wat toegerus wil word om die uitdagings van die volgende dekade die hoof te bied.
BIOGRAFIE:
Eugene Kemp is ’n geregistreerde Sielkundige met ’n doktorsgraad in gedrags- en besigheidskultuurverandering met behulp van Neuro-wetenskap.
Hy is betrokke by leierskapsontwikkelingsprogramme by verskeie maatskappye en fokus veral op die uitdagings wat die snel veranderende omgewing op gedrag het.
Hy het ook ’n besondere belangstelling in die opbou van psigiese immuniteit en weerbaarheid by individue om uitbranding en ander psigiese uitdagings in die werkplek te bekamp.
Kwalifikasie
‘n Sertifikaat word uitgereik aan die einde van die kursus
Baie insiggewend en interressant!