Aanbiedingsvaardighede, kommunikasie en gedrag

KURSUSSTATUS:

GRATIS

Neem hierdie kursus

Om eie aanbiedingsvaardighede te ontdek en daarop uit te bou. Hoe om ʼn toespraak te organiseer met duidelike riglyne ten opsigte van inleiding, liggaamstaal en slot. Enkele skeppende idees om ʼn toespraak te begin en eindig. Die belangrikheid van goeie voorbereiding. Die waarde van evaluering.

KURSUSBENAMING:

Aanbiedingsvaardighede, kommunikasie en gedrag

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum: 3 Junie 2020

Tyd: 12:00 – 13:00

KURSUSFORMAAT:

Webinaar

KOSTE VAN KURSUS:

Gratis

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

In die gemak van jou eie kantoor of tuis.

OORSIG VAN INHOUD:

Om eie aanbiedingsvaardighede te ontdek en daarop uit te bou. Hoe om ʼn toespraak te organiseer met duidelike riglyne ten opsigte van inleiding, liggaamstaal en slot. Enkele skeppende idees om ʼn toespraak te begin en eindig. Die belangrikheid van goeie voorbereiding. Die waarde van evaluering.

KURSUSUITKOMSTE:

  • Weet hoe om voorbereiding te doen.
  • Insigte oor die struktuur van ʼn toespraak.
  • Besef die waarde van ʼn goeie inleiding en ontvang meer idees.
  • Die redes vir die belangrikheid van ʼn treffende slot sal bespreek word met idees om dit te verbeter.
  • Beter begrip van konstruktiewe evaluering en waarom jy as spreker kan verbeter as jy goeie evaluering ontvang.
  • Wenke om ’n goeie luisteraar te wees.

 

BIOGRAFIE: 

 

Annie Coetzee se professionele loopbaan as publieke spreker het in 2004 begin. Sy het vir 10 jaar deelgeneem aan Toastmasters International se Kommunikasie- en Leierskapprogramme wat baie toesprake met evaluering ingesluit het. Sy ontvang vele toekennings, soos o.a. “Toastmaster of the Year” en finalis in ‘Most Influential Woman in Business in Africa’. Sy tree landswyd op as publieke spreker en is al ʼn aantal kere uitgenooi om in Europa en die VSA aanbiedings te doen waarvoor sy uitstekende terugvoer ontvang het. Annie is ook ʼn persoonlike afrigter vir leiers en studente wat toesprake moet voorberei. Haar opleiding en praktiese toepassing in die veld van aanbiedingsvaardighede maak van haar ‘n uitstekende bron van kennis oor hierdie belangrike aspek.

Sy bestuur sedert 1998 haar eie maatskappy met ʼn sterk fokus op kommunikasievaardighede en groot maatskappye gebruik haar om hulle leierskorps, asook beginners in die werksplek op te lei om beter kommunikeerders te wees.

Sy begin haar loopbaan as onderwyser in Engels en Musiek (BA Unisa), studeer verder en beklee ʼn pos as lektrise in Sielkunde (BEd Stellenbosch). Later word sy ʼn navorser aan Unisa waar sy op die ontwikkelende volwassene fokus (tweejaarstudie in Navorsingsmetodiek – Pretoria MEd). Sy is die skrywer van 10 selfbemagtigingsboeke, talle opvoedkundige artikels vir besigheidstydskrifte en sy dra gereeld by tot selfhelpboeke vir vrouens.

 

KURSUSKREDIETE

N.V.T

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status