Kritiese denke in die werksplek: Van probleme tot kreatiewe oplossings

KURSUSSTATUS:

GRATIS

Neem hierdie kursus

Praktiese vaardighede om probleme se kernoorsake effektief te identifiseer. Tegnieke om probleme proaktief en kreatief in die werksplek op te los.

KURSUSBENAMING:

Kritiese denke in die werksplek: Van probleme tot kreatiewe oplossings

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum:            14 April 2020

Tyd:                10:00 – 11:00

KURSUSFORMAAT:

Webinaar

KOSTE VAN KURSUS:

Gratis

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

In die gerief van jou eie kantoor of tuis.

OORSIG VAN INHOUD:

Praktiese vaardighede om probleme se kernoorsake effektief te identifiseer. Tegnieke om probleme proaktief en kreatief in die werksplek op te los.

KURSUSUITKOMSTE:

Wanneer die webinaar voltooi is, sal jy die praktiese vaardighede hê om kernoorsake van probleme effektief te identifiseer. Jy sal tegnieke hê om probleme proaktief en kreatief in die werksplek op te los.

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Enige individu

BIOGRAFIE: 

Henk Labuschagne is ʼn vooraanstaande beradingsbedryfsielkundige wat spesialiseer in bestuurs- en werknemervaardigheidsprogramme (psigometries en vaardigheidsgebaseerde evaluerings­metodologie) en effektiewe spanwerk. Hy fasiliteer ook strategiese beplanningsessies vir maatskappye, besigheidseenhede en werkspanne. Henk het in Johannesburg grootgeword en het aan die Universiteit van Pretoria studeer waar hy ʼn B-graad, Honneurs en Meestersgraad in Sielkunde verwerf het.

Henk se loopbaan het in 1985 as ʼn sielkundige aan die Rustenburg Educational Aid Centre afgeskop. Daarna het hy die hoof van die Opleidingseenheid by die Rustenburg Munisipaliteit geword. In 1991 het hy by die Kamer van Mynwese in Klerksdorp as ʼn sielkundige aangesluit waar hy beradingsdienste aan die verskillende myngroepe in die gebied verskaf het.

In 1997 vestig Henk die Workplace Skills Academy Training Company wat deur SAQA geakkrediteer is en wat bestuurs- en werknemersopleidingprogramme aanbied, asook programme vir jongmense wat die werksplek betree. Hy is ook die stigter van Peoplewise Business Solutions wat in bestuurs- en werknemersevaluering, beter spanwerk, programme vir uitvoerende en ander bestuurslede, en die fasilitering van strategiese beplanningsessies vir maatskappye, besigheidseenhede en werkspanne spesialiseer.

 

KURSUSKREDIETE

N.v.t

Neem hierdie kursus