A-Z van navorsing

KURSUSSTATUS:

Gepaste en weldeurdagte navorsingsmetodes en ontwerp is die versekering dat jy by relevante en betroubare resultate sal uitkom. Die wetenskaplike proses en manier van dink bied ook ʼn raamwerk van stappe wat jy moet volg, en maak dit eintlik makliker omdat jy dan presies weet waar om te begin en watter vrae om by elke stap te vra. Hierdie seminaar is prakties van aard en gaan poog om bruikbare hulpmiddels vir jou te gee om jou navorsing te bedink, te beplan en uit te voer –selfs te geniet sodat jy weer en weer navorsing sal wil aanpak.

KURSUSBENAMING:

A-Z van navorsing

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

26 – 27 Augustus 2020

KURSUSFORMAAT:

Seminaar

KOSTE VAN KURSUS:

R2 400,00 Solidariteit-lede

R4 000,00 Nie-lede

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

S-leer

Solidariteit Hoofkantoor

Kremetart Raadsaal

H.v. D.F. Malanlaan en Eendrachtstraat, Kloofsig

Centurion

OORSIG VAN INHOUD:

Gepaste en weldeurdagte navorsingsmetodes en ontwerp is die versekering dat jy by relevante en betroubare resultate sal uitkom. Die wetenskaplike proses en manier van dink bied ook ʼn raamwerk van stappe wat jy moet volg, en maak dit eintlik makliker omdat jy dan presies weet waar om te begin en watter vrae om by elke stap te vra. Hierdie seminaar is prakties van aard en gaan poog om bruikbare hulpmiddels vir jou te gee om jou navorsing te bedink, te beplan en uit te voer –selfs te geniet sodat jy weer en weer navorsing sal wil aanpak.

KURSUSUITKOMSTE:

  • Inleiding tot navorsing – Wat is navorsing? Wat is die gereedskap wat jy nodig het?
  • Hoe stel jy die navorsingsprobleem, hipotese en doelwitte?
  • Literatuuroorsig
  • Ontwerp en beplan jou projek
  • Kwalitatiewe ontwerp
  • Kwantitatiewe ontwerp
  • Data-insamelingstegnieke
  • Tipes steekproewe
  • Data-analise
  • Verslagskryf

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Hierdie seminaar is gemik op mense wat as deel van hul werk navorsing moet doen, ʼn nagraadse studie wil aanpak of net in navorsing belangstel.

BIOGRAFIE: 

Nicolien Welthagen is ʼn senior navorsingsielkundige by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI). Sy het 25 jaar ondervinding in gedragsnavorsing, onder meer by die Militêre Psigologiese Instituut en Unisa. Sy was ook ʼn onafhanklike navorser vir verskeie maatskappye soos Coca-Cola, ABSA, FNB en die Suid-Afrikaanse Lugdiens-fonds. Sy was ʼn studieleier vir verskeie meesters- en doktorale studente en het deeltyds modules in navorsingsmetodologie by die Universiteit van Pretoria aangebied.

Sy is tans besig met ’n PhD wat handel oor die ontwikkeling van ʼn interaktiewe navorsingsmetodologieprogram wat studente kan help met hul beplanning en uitvoering van hul nagraadse navorsingsprojekte.

e-Leer-inhoud

Lesse Status