Basiese Microsoft Word-kursus

KURSUSSTATUS:

R 250

Neem hierdie kursus

Hierdie kursus is ontwerp om u die basiese tot intermediêre vaardighede van Microsoft Word te leer. Die kursus sal u in staat stel om standaard en meer komplekse besigheidsdokumente te skep, te redigeer en te formateer. Die doel van die kursus is om ’n verskeidenheid van tegnieke aan te bied om die voorkoms en akkuraatheid van dokumentinhoud te verbeter.

KURSUSBENAMING:

Basiese Microsoft Word-kursus (eendagkursus)

 

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

 

Datum:            4 Februarie

Tyd:                09:00 – 16:30

 

KURSUSFORMAAT:

Seminaar

 

KOSTE VAN KURSUS:

R250

 

KENNISGEWING:

Onthou asb. u eie skootrekenaar

 

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

S-Leer

Geelhout Raadsaal

Solidariteit Hoofkantoor

Kloofsig

Centurion

Klik hier vir die kaart en aanwysings

 

OORSIG VAN INHOUD:

Hierdie kursus is ontwerp om u die basiese tot intermediêre vaardighede van Microsoft Word te leer. Die kursus sal u in staat stel om standaard en meer komplekse besigheidsdokumente te skep, te redigeer en te formateer. Die doel van die kursus is om ’n verskeidenheid van tegnieke aan te bied om die voorkoms en akkuraatheid van dokumentinhoud te verbeter.

 

 

KURSUS-UITKOMSTE:

Na suksesvolle voltooiing van hierdie kursus sal die kursusgangers in staat wees om:

 

  • met die basiese kenmerke van Microsoft Word te werk;
  • dokumente te skep, te redigeer, te stoor/herwin en te druk;
  • dokumente in verskillende aansigte (“views”) te vertoon;
  • teks in ʼn dokument te selekteer en daarmee te werk;
  • dokumente te manipuleer deur gebruik te maak van funksies soos vind en vervang; sny (“cut”), kopieer, vervang;
  • dokumente met tabelle en kolomme te skep en te redigeer;
  • karakterformatering (vetdruk, onderstreep, lettertipes) te gebruik;
  • paragraafformatering, lynspasiëring, inlynstelling (“alignment”), tabuleerstop (“tabs”), inspringing (“indents”) toe te pas;
  • bladsyformatering (kantlyne, papieroriëntering, bladsynommers, “headers” en “footers”) te gebruik;
  • funksies wat die bladuitleg van jou dokument beïnvloed, doeltreffend te gebruik;
  • die spelling- en grammatika-kontroleerder sowel as Microsoft Help te gebruik.

 

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Enige werkende individue wat met Microsoft Word werk

 

BIOGRAFIE: 

Elize Nagel was vanaf 1 Oktober 1995 tot 30 November 2018  verbonde aan die Universiteit van Pretoria waar sy in die Inligtingstegnologie-afdeling gewerk het.  Elize was verantwoordelik vir die opleiding van alle personeellede in alle sagteware wat deur IT ondersteun word. Dit sluit in die opstel en aanbied van basiese en gevorderde rekenaarkursusse, asook kursusse vir alle stelsels wat deur IT ontwikkel en ondersteun is. Alle handleidings en praktiese voorbeelde wat in die opleiding gebruik is, is deur haar ontwikkel en onderhou. Danksy haar ervaring en besonder goeie kennis van die sagteware het sy dus ook ondersteuning gebied vir die sagteware wat deur IT ondersteun is. Elize het ʼn onderwysagtergrond. Sy het ʼn HOD-kwalifikasie in Handel aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf.

 

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status