Basiese spel- en taalreëls van Afrikaans en basiese skryfvaardighede (2 dae)

KURSUSSTATUS:

R 1100

Neem hierdie kursus

Daar sal gedurende hierdie tweedagkursus aandag geskenk word aan basiese spel- en taalreëls. Verskillende skryfstyle sal ook bespreek word.  Kursusgangers sal na afloop van hierdie kursus oor ʼn wye verskeidenheid vaardighede beskik

 

KURSUSBENAMING:

Basiese spel- en taalreëls van Afrikaans en basiese skryfvaardighede

(2 dae)

 

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

 

Seminaar

Datum:           17 en 18 September

Tyd:                09:00 – 16:30

 

KURSUSFORMAAT:

Seminaar

 

KOSTE VAN KURSUS:

Solidariteit lede:  R660

Nie-lede: R 1100

 

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

S-Leer

Kremetart Raadsaal

Solidariteit Hoofkantoor

Kloofsig

Centurion

Klik hier vir die kaart en aanwysings

 

OORSIG VAN INHOUD:

Dag 1: Spelling en Taalreëls

Basiese spelreëls sal behandel word wat die volgende insluit:

  1. Afbreek van woorde
  2. Afkappingstekens
  3. Afkortings
  4. Aksenttekens: Akuut, gravis
  5. Deelteken
  6. Getalle, syfers en simbole
  7. Hoofletters
  8. Kappie
  9. Konsonante: Verdubbeling
  10. Koppelteken
  11. Meervoude
  12. Los- en vasskryf
  13. Voegsels

Basiese taalreëls sal behandel word wat die volgende insluit:

  1. Enkelvoudige sinne
  2. Saamgestelde sinne
  3. Veelvoudige sinne
  4. Woordorde
  5. Direkte en indirekte rede
  6. Lydende en bedrywende vorm (Passief en aktief)
  7. Ontkenning

Dag 2: Skryfvaardighede

Verskillende skryfstyle sal bespreek word wat die volgende insluit:

  1. Rubrieke
  2. Resensies
  3. Artikels vir koerante
  4. Artikels vir tydskrifte
  5. Onderhoude en diepte-artikels
  6. Internet en blogging
  7. Memorandums
  8. Amptelike briewe

 

KURSUS-UITKOMSTE:

Kursusgangers sal oor die volgende vaardighede beskik:

  1. Demonstreer begrip vir die basiese spel- en taalreëls van Afrikaans.
  2. Identifiseer spel- en taalfoute en die toepassing van die verwante reëls.
  3. Begrip van die verskillende skryfstyle vir verskillende soorte dokumente.
  4. Ontleding van dokumente om te bepaal watter soort materiaal dit is en waarvoor dit gebruik kan word.
  5. Skryf van voorbeelde soos deur die aanbieder vereis vir evalueringdoeleindes om al bogenoemde aspekte te integreer met die oog op hoë kwaliteit professionele dokumente in die werkplek.

 

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Persoonlike assistente, administratiewe personeel, personeel wat die volgende skryf (óf vir publikasie óf vir voorlegging aan komitees):

Blogs; Facebook-artikels, ander artikels, memorandums, projekvoorstelle, briewe, uitnodigings, ens.

BIOGRAFIE:

Salome Coertze is in Johannesburg gebore, het in Roodepoort grootgeword en haar skoolloopbaan aan Hoërskool Roodepoort voltooi. Haar tersiêre kwalifikasies sluit in: BMus Uitvoerende kuns (UP); BMus Honneurs (UP); HOD Nagraads (Unisa); BA Tale (RAU); BA Honneurs in Toegepaste Taalstudie (UP); Nagraadse Diploma in Vertaling (Unisa); TEFL-sertifikaat – Teaching of English as Foreign Language (NWU); en ʼn meestersgraad in Linguistiek (Aviation English in South Africa). Salome het haar loopbaan as musiekonderwyseres afgeskop, sy was vir ʼn aantal jare teaterbestuurder van die Roodepoort Stadsteater, en daarna was sy 15 jaar by die Universiteit van Pretoria werksaam; eers as ʼn ondersteuningsbeampte vir internasionale studente en nadoktorale genote, daarna die bestuurder van die afdeling in die Kliëntedienssentrum wat alle skriftelike navrae van studente hanteer het en ʼn IT-opleidingsbeampte vir Ms Word, Ms Excel, Ms Powerpoint en ander programme. Haar loopbaan by UP is afgesluit met sowat vyf jaar as deel van die stelselvernuwingspan wat Peoplesoft ontwikkel en geïmplementeer het. Salome was sedert 2013 senior komiteesekretaris van Solidariteit, maar is vanaf die einde van 2017 verbonde aan Solidariteit se Taalkantoor.

 

KURSUSKREDIETE

Geen

Neem hierdie kursus