Invloedryke Leierskapsontwikkelingsprogram

KURSUSSTATUS:
Neem hierdie kursus

Invloedryke leierskap is noodsaaklik om besighede suksesvol deur die Vierde Industriële Revolusie te lei. Die klem op spanwerk en om mense te mobiliseer om saam te werk, is nou belangriker as ooit.

Die Invloedryke Leierskap-program is gebaseer op in-diepte navorsing op wenspanne, met ʼn spesifieke fokus op die noodsaaklike eienskappe en vaardighede van die leier om ‘n span tot volhoubare sukses te lei.

Die omvattende program fokus op die 15 vaardighede van leiers en bestaan uit drie seminare, drie besigheidsopdragte asook twee individuele besigheidsafrigtingsessies.

KURSUSBENAMING:

Beïnvloeding van leiers

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datums:        

Sessie 1 – 30 Junie 2020

Sessie 2 – 7 Julie 2020

Sessie 3 – 28 Julie 2020

Tyd:

09:00 – 16:00 (elke sessie)

KURSUSFORMAAT:

Seminaar

Individuele besigheidsopdragte (x3)

Individuele Besigheidsafrigting (x2)

360 Invloedryke Leierskaporofielvraelys en -verslag (x2)

 

KOSTE VAN KURSUS:

Solidariteit-lede:          R8 500

Nie-lede:                     R11 900

 

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

S-leer

Kremetart Raadsaal

Solidariteit-hoofkantoor

Kloofsig

Centurion

Klik hier vir die kaart en aanwysings

Individuele besigheidsafrigting – Virtueel

 

OORSIG VAN INHOUD:

Invloedryke leierskap is noodsaaklik om besighede suksesvol deur die Vierde Industriële Revolusie te lei. Die klem op spanwerk en om mense te mobiliseer om saam te werk, is nou belangriker as ooit.

Die Invloedryke Leierskap-program is gebaseer op in-diepte navorsing op wenspanne, met ʼn spesifieke fokus op die noodsaaklike eienskappe en vaardighede van die leier om ‘n span tot volhoubare sukses te lei.

Die omvattende program fokus op die 15 vaardighede van leiers en bestaan uit drie seminare, drie besigheidsopdragte asook twee individuele besigheidsafrigtingsessies.

 

KURSUSUITKOMSTE:

Die 15 vaardighede van invloedryke leiers steun op drie pilare, elk met vyf vaardighede. Die program het ten doel om leiers toe te rus om:

  • strategiese denke te toon;
  • spanne te mobiliseer en te inpsireer;
  • gedrag en prestasie effektief te monitor en reg te stel;
  • ʼn omgewing van oop kommunikasie te vestig;
  • verandering te bestuur en aanpasbaarheid te bevorder;
  • voordele van diverse denke te ontgin;
  • spanne effektief te bemagtig;
  • sterk punte van spanlede te onwtikkel en te ontgin; en
  • ʼn omgewing van wedersydse erkenning te vestig.

 

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Indien jy ‘n span mense bestuur, is die kursus vir jou! Dit is prakties van aard en van toepassig om junior, middelvlak- en senior bestuurders.

 

BIOGRAFIE: 

Janko Kotzé is ʼn bedryfsielkundige wat as bestuurskonsultant regoor die wêreld werk. Hy spesialiseer in leierskapsontwikkeling, spandinamika en talentbestuur. Hy het met groot sukses talle mense gehelp om hulle doelwitte te bereik, insluitende besigheidsleiers, Olimpiese finaliste, wêreldkampioene en sportspanne.

Hy is ʼn gesogte spreker wat regoor Suider-Afrika by kongresse optree. Hy behaal sy Meestersgraad in Bedryfsielkunde met lof aan die Universiteit van Suid Afrika en voltooi verdere studie in die veld van Organisasie- en Prestasiesielkunde asook leefstyl- en besigheidsafrigting.

 

KURSUSKREDIETE

NVT

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status