Die feit dat die uitbreek van die Covid-19-virussiekte in ons land tot ʼn nasionale ramp verklaar is,plaas Suid-Afrika op ʼn ongekende en beslis onbekende weg wat meer vrae en onsekerhede laat ontstaan as waarop daar tans antwoorde mag wees. En dit is beslis ook so op die gebied van arbeidsverhoudinge en -regte in die werkplek, die staat en regulasie, nuwe gedragspatrone en die nuwe normaal
Omdat Solidariteit aan die voorpunt van nuwe verwikkelinge op dié gebied staan en ʼn plek is waar ons lede geborge kan voel, sal ons tydens hierdie e-leer kursus heelwat dinge aanspreek. Hierdie feitelike opleiding gaan poog om elke lid van Solidariteit toe te rus met die nodige feite rakende jou werkplek, werkomgewing en omstandighede, die arbeidsregskwessies en ook wat plaaslik en internasionaal aan die gebeur is.
KURSUSBENAMING
COVID-19: E-leer
DATUM EN DUUR VAN KURSUS
Die kursus word gedurende die inperkingsperiode ontwikkel. Jy kan begin met die modules en die platform dophou soos die volgendes opgelaai word.
FORMAAT VAN KURSUS
E-leerkursus
KOSTE VAN KURSUS
Geen koste
PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD
In die gemak van jou kantoor of huis
OORSIG VAN KURSUS
Die koronavirus het onsekerheid by almal veroorsaak. Hierdie feitelike opleiding gaan poog om elke lid van Solidariteit toe te rus met die nodige feite rakende jou werkplek, werkomgewing en omstandighede, die arbeidsregskwessies en ook wat plaaslik en internasionaal aan die gebeur is.
UITKOMSTE VAN KURSUS
Jy sal tydens die kursus meer te wete kom van –
- Die virus oor die algemeen, statistieke, feite en die huidige situasie in die land
- Vrae wat jou dalk kwel oor jou werk, die werkomgewing, verlof, siekbriewe en arbeidsregkwessies oor die algemeen.
- Beroepsgesondheid en veiligheidskwessies
- Die situasie in Suid-Afrika en die werklike feite soos nagevors deur betroubare navorsers van die Solidariteit Navorsinginstituut.
- Wat jou oor die algemeen te doen staan midde-in hierdie krisis in die wêreld.
- Die nuwe normaal en gedragspatrone
- Wenke om jou werk van die huis te doen
- Wat om met jou kinders te doen tydens verlengde vakansies
- die ekonomiese en finansiële impak
- Die maatskaplike en pastorale hantering van die virus
Die kurses was interessant en die inligting oor online bemarking was baie behulpsaam.