Kursusstatus

Indien jy in ‘n span werk, of ‘n span mense bestuur is die webinaar vir jou. Nie net gaan jy bekendgestel word aan die kenmerke van ‘n Elite span nie, die proses om so span te ontwikkel gaan ook indiepte bespreek word.

 

KURSUSFORMAAT:

Webinaar

 

KOSTE VAN KURSUS:

Gratis

 

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

Nvt

 

OORSIG VAN INHOUD:

Terwyl tradisionele organisatoriese besigheidsmodelle besig was om te verouder, het die Covid-19 pandemie maatskappye (groot en klein) forseer om vinnig ‘n meer buigsame, span-sentriese model te implementeer.  Daar word van spanne verwag om in ‘n virtuele wêreld meer effektief as te vore te funksioneer.

Tydens hierdie webinaar fokus ons op die 15 kenmerke van ‘n Elite span  – ‘n span wat ongeag die omstandighede aanhou om bo verwagting goed te presteer. Die kenmerke wat op ‘n unieke en verfrissende manier bespreek gaan word is die breinkind van jare se in diepte navorsing en ervaring en is gewortel in verskillende dissiplines – insluitend lesse van wêreld bekende sportspanne en elite weermagskorps.

Die kenmerke is nie net geldig tydens hoogtepunte nie, maar ook tydens laagtepunte. Dit is juis tydens laagtepunte (soos nou, tydens die tyd van Inperking) dat die afwesigheid van hierdie kenmerke net meer beklemtoon gaan word en spanne nie langer effektief gaan kan funsioneer nie. Spanne and spanleiers wat wonder hoekom sekere van hulle doelwitte nie bereik word nie, sal baat vind by hierdie Webinaar.

 

KURSUSUITKOMSTE:

Tydens die Webinaar bestudeer en bespreek ons wêreldbekende Elite spanne.

 

Ons beantwoord die volgende vrae:

  • Wat is die kenmerke van ‘n Elite span?
  • Wat maak so span meer suksesvol as ander?
  • Hoe hanteer Elite spanne stres en uitdagings?
  • Hoe ontwikkel jy ‘n Elite span?
  • Hoe kweek en bewaar jy ‘n wenkultuur?

 

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Indien jy in ‘n span werk, of ‘n span mense bestuur is die webinaar vir jou. Nie net gaan jy bekendgestel word aan die kenmerke van ‘n Elite span nie, die proses om so span te ontwikkel gaan ook indiepte bespreek word.

 

BIOGRAFIE: 

Janko Kotzé is a Bedryfsielkundige wat as Bestuurskonsultant regoor die wêreld werk. Hy spesialiseer in leierskap ontwikkeling, spandinamika en talent bestuur. Hy het met groot sukses mense gehelp om hulle doelwitte te bereik – insluitende besigheidsleiers, Olimpiese finaliste, Wêreld kampioene en sportspanne.

Hy is ‘n gesogte spreker wat regoor Suider Afrika by kongresse optree. Hy behaal sy Meestersgraad in Bedryfsielkunde met lof aan die Universiteit van Suid Afrika en voltooi talle verdere studies in die veld van organisasie en prestasie sielkunde asook lewens en besigheidsafrigting. Hy is die Besturende Direkteur van Human Interest – ‘n konsultasie firma wat maatskappye help om hulle strategiese doelwitte deur die kollektiewe krag en energie van hulle mense te bereik.

 

KURSUSKREDIETE

NVT

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status
1

Opname

Ratings and Reviews

0.0
Avg. Rating
0 Ratings
5
0
4
0
3
0
2
0
1
0
What's your experience? We'd love to know!
No Reviews Found!
Show more reviews
What's your experience? We'd love to know!
Aanbieder
Tyd
Vereistes
Uitkomste
Gradering

e-Leer-inhoud

Lesse Status
1

Opname

Bespreking


Free

Artikel – Nuwe Era in Praktykbestuur (3 Kliniese VPO-punte)

See more...

Free

Artikel – Anafilakse (3 Kliniese VPO-Punte)

See more...

« » bladsy 1 / 28