Die kuns van besluitneming en oordeel

KURSUSSTATUS:

GRATIS

Neem hierdie kursus

Effektiewe probleemoplossing en besluitneming is kernaspekte van die alledaagse lewe. Soms los ons probleme op en neem spontane besluite sonder dat ons daarvan bewus is. Ons haak egter dikwels vas wanneer ons gekonfronteer word met ongewone probleme en moeilike besluite. Sterk besluitnemingsvaardighede, wat konsekwente, regverdige, en etiese oordeel lewer, boesem vertroue by ander in. Verder sal billike en grondige of betroubare besluite en oordeel lei tot ʼn toename in effektiwiteit en geloofwaardigheid. Ons kan dus almal baat by die vermoë om te verstaan hoe besluite geneem word, en hoe om die uitkoms van die besluite te voorspel, te rig, en te verbeter.

KURSUSBENAMING:

Die kuns van besluitneming en oordeel

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum:            29 April 2020

Tyd:                12:00 – 13:00

 

KURSUSFORMAAT:

Webinaar

KOSTE VAN KURSUS:

Gratis

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

In die gerief van jou eie kantoor of tuis.

OORSIG VAN INHOUD:

Effektiewe probleemoplossing en besluitneming is kernaspekte van die alledaagse lewe. Soms los ons probleme op en neem spontane besluite sonder dat ons daarvan bewus is. Ons haak egter dikwels vas wanneer ons gekonfronteer word met ongewone probleme en moeilike besluite. Sterk besluitnemingsvaardighede, wat konsekwente, regverdige, en etiese oordeel lewer, boesem vertroue by ander in. Verder sal billike en grondige of betroubare besluite en oordeel lei tot ʼn toename in effektiwiteit en geloofwaardigheid. Ons kan dus almal baat by die vermoë om te verstaan hoe besluite geneem word, en hoe om die uitkoms van die besluite te voorspel, te rig, en te verbeter.

 

KURSUSUITKOMSTE:

Aan die einde van die webinaar sal jy:

  • verskillende tipes besluite verstaan;
  • die stappe vir effektiewe besluitneming kan toepas;
  • bewus wees van die rol van oordeel in besluitneming;
  • insig hê oor die ontwikkeling van gesonde oordeel; en
  • verstaan hoe om oordeel en besluitneming toe te pas om probleme op te los.

 

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

  • Hierdie kursus is oop vir almal

 

BIOGRAFIE:

Nicola Keeve is ʼn senior fasiliteerder by JvR Academy. Sy is reeds vir die afgelope 19 jaar as kliniese sielkundige by die Professionele Raad vir Gesondheidsberoepe geregistreer. Sy het wye ervaring in organisatoriese omgewings waar sy haarself vir die afgelope paar jare toespits op vaardigheidsontwikkeling. Nicola fokus daarop om individue en groepe in die werkplek toe te rus met meer as net tegniese vaardighede.

Nicola het ook wye ervaring in die veld van leierskapsontwikkeling, diversiteitsopleiding, mentorskap en bestuursafrigting (coaching), talentbestuur en -ontwikkeling, organisasie-ontwerp en -ontwikkeling, takseersentrums, sowel as veranderingsbestuur. Haar ervaring strek oor verskeie omgewings heen, wat insluit die openbare sektor, mynbou en die vervaardigingsbedryf, bankwese, kleinhandel en die landbousektor.

 

KURSUSKREDIETE

N.v.t

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status