Die KVBA in ’n neutedop

KURSUSSTATUS:

GRATIS

Neem hierdie kursus

Die KVBA (Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie) is ’n statutêre geskilbeslegtingsliggaam geskep deur die Wet op Arbeidsverhoudinge. Tydens hierdie webinaar gaan die volgende bespreek word: Die KVBA en die Wet op Arbeidsverhoudinge; die magte van die KVBA en kommissarisse; watter dispute na die KVBA verwys kan word en tydperke van verwysing, asook die reëls van die KVBA.

KURSUSBENAMING:

Die KVBA in ’n neutedop

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum: 5 Februarie 2020

Tyd: 10:00 tot 11:00

KURSUSFORMAAT:

Webinaar

KOSTE VAN KURSUS:

Geen

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

Die kursus vind plaas in die vorm van ’n webinaar en daarom kan die kursusganger die kursus op sy of haar gerief kyk. Die kursusganger benodig net toegang tot die internet.

OORSIG VAN INHOUD:

Die KVBA (Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie) is ’n statutêre geskilbeslegtingsliggaam geskep deur die Wet op Arbeidsverhoudinge. Tydens hierdie webinaar gaan die volgende bespreek word: Die KVBA en die Wet op Arbeidsverhoudinge; die magte van die KVBA en kommissarisse; watter dispute na die KVBA verwys kan word en tydperke van verwysing, asook die reëls van die KVBA.

KURSUSUITKOMSTE:

Kursusgangers behoort na afloop van die webinaar ’n beter begrip rondom die KVBA en die prosesse daaraan verbonde te hê.

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Werknemers verbonde aan menslike hulpbronne; werknemers wat hulself beter van hul regte wil inlig; persone wat graag meer oor die KVBA wil leer.

BIOGRAFIE: 

Die seminaar word deur Mynie Kriek, ’n arbeidsreg fasiliteerder verbonde aan S-leer, aangebied. Sy het haar regsgraad (LLB) in 2010 verwerf en haar Meestersgraad (Kollektiewe Arbeidsreg) in 2018, beide aan die Universiteit van Pretoria. Mynie is in 2012 toegelaat as prokureur, en het sedert 2014 tot Julie 2019 in Solidariteit se Regsafdeling as litigant gepraktiseer.

KURSUSKREDIETE

NVT.

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status