Die moets en moenies van sosiale media. Jy, jou kinders en die werkplek.

KURSUSSTATUS:
Neem hierdie kursus

Kom leer oor die sosialemedialandskap van Suid-Afrika en regte wat oorweeg moet word rakende sosiale media. Dit sluit in naamskending, privaatheid, haatspraak, kuberboeliery en aanranding. Wat is seksklets en pornografiese oortredings. Die dissiplinêre gevolge daarvan deur sosiale media by die skool of in die werkplek te gebruik (Kan jy by die skool of werkplek geskors word?). Persoonlike reputasie en die bestuur daarvan op sosiale media. Aanlyn veiligheid en ʼn verduideliking van die onderskeie platforms

 

KURSUSBENAMING: 

Die moets en moenies van sosiale media. Jy, jou kinders en die werkplek.

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

15 September 2020

KURSUSFORMAAT:

Seminaar

KOSTE VAN KURSUS:

Solidariteit-lede:              R1200

Nie-lede:                             R2000

 

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

S-leer

Solidariteit Hoofkantoor

Kremetart Raadsaal

H.v. D.F. Malanlaan en Eendrachtstraat, Kloofsig

Centurion

 

OORSIG VAN INHOUD:

Die sosialemedialandskap in Suid-Afrika

Die regte wat oorweeg moet word rakende sosiale media. Dit sluit in naamskending, privaatheid, haatspraak, kuberboeliery en aanranding

Seksklets en pornografiese oortredings

Die dissiplinêre gevolge daarvan deur sosiale media by die skool of in die werkplek te gebruik (Kan jy by die skool of werkplek geskors word?)

Persoonlike reputasie en die bestuur daarvan op sosiale media

Aanlyn veiligheid en ʼn verduideliking van die onderskeie platforms

 

KURSUSUITKOMSTE:

Verwerwing van breedvoerige kennis rakende die regs-, reputasionele en dissiplinêre gevolge van sosiale media.

 

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Enige iemand met ʼn slimfoon.

 

BIOGRAFIE: 

Carla de Beer het haar loopbaan in 2016 by The Digital Law Company begin terwyl sy haar LLB-graad aan die Universiteit van Johannesburg voltooi het. Sy het in 2018 ook ʼn diploma in mediareg aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf.

The Digital Law Company spits hom daarop toe om skole, onderwysers, kinders, ouers, werknemers en universiteite in te lig en op te lei oor die regs-, dissiplinêre en reputasionele risiko’s wat sosiale media inhou. Carla se fokus by The Digital Law Company sluit in alle aspekte van sosiale media en die reg, wat ook praatjies oor sosiale media by skole en vir ouers insluit. Haar werk behels ook om slagoffers van wraakpornografie en kuberboeliery te help.

Carla is passievol oor kommunikasie en om ander te help om te verstaan hoe om sosiale media doeltreffend en verantwoordelik te gebruik. Carla het al aan televisie- en radioprogramme deelgeneem, en het ook al verskeie artikels oor haar vakgebied geskryf.

 

KURSUSKREDIETE

Geen

Neem hierdie kursus