Die Wet op Diensbillikheid in ‘n neutedop

Kursusstatus Neem hierdie kursus

DATUM EN DUUR VAN KURSUS
Die kursus is in ʼn e-leerformaat en kan voltooi word binne ʼn uur.

KURSUSFORMAAT:
Die kursus is in ʼn e-leerformaat, met ʼn lys vrae aan die einde daarvan om die kursusganger se kennis te toets.

KOSTE VAN KURSUS:
R150 Nie-lede

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:
Aanlyn – in die gemak van jou eie kantoor, met ‘n koppie warm koffie.

OORSIG VAN INHOUD:
Die e-leerkursus verduidelik die kernbeginsels van die Wet op Diensbillikheid (“Employment Equity Act”, Nr. 55 van 1998) om dit maklik toepaslik te maak. Die kursusganger gaan meer leer oor onbillike diskriminasie en regstellende aksie.

Onder onbillike diskriminasie gaan die kursusganger meer leer oor die verbode gronde van diskriminasie, moontlike verwere teen ʼn klag van onbillike diskriminasie, teistering as ʼn vorm van diskriminasie, gelyke betaling vir gelyke werk, en die bewyslas in hierdie tipe aangeleenthede.

Onder regstellende aksie gaan die kursusganger meer leer oor aangewese werkgewers en werknemers, die verantwoordelikhede van aangewese werkgewers en die metodes wat gebruik word om werkgewers aan te moedig om regstellendeaksiemaatreëls daargestel te hê.

Die kursusgangers gaan werk deur saakbesprekings en gaan toegang verkry tot wetgewing, regspraak, kodes van goeie praktyk en vorms.

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?
Persone betrokke in ʼn organisasie se diensbillikheidkomitee, vakbond- en werkgewersorganisasie-verteenwoordigers, litigante en prokureurs, en persone wat graag meer wil leer oor die Wet op Diensbillikheid.

BIOGRAFIE VAN SPREKER:
Mynie Kriek het hierdie e-leerkursus ontwikkel.
Mynie het haar LLB en LLM, met spesialisering in kollektiewe arbeidsreg, voltooi aan die Universiteit van Pretoria. Sy het in 2014 by Solidariteit aangesluit nadat sy in privaat praktyk gewerk het.
Mynie is aangestel as ʼn opleiding- en ontwikkelingspraktisyn en sy het die Solidariteit Arbeidsverhoudingeskool gevestig.

Neem hierdie kursus

Ratings and Reviews

3.0
Avg. Rating
1 Ratings
5
0
4
0
3
1
2
0
1
0
What's your experience? We'd love to know!
gerritv
Posted 2 months ago
Om prakties te kan toepas wat ek geleer het

Alhoewel die inhoud goed is, is daar nie n manier om te kan bevestig dat die student wel die inhoud ken en verstaan nie. Verder meer, aan die einde van elke les dui die instruksie aan dat ek op die x regs bo moet klik, maar daar is nie so x nie.

×
Preview Image
Show more reviews
What's your experience? We'd love to know!
AanbiederMynie Kriek
Tyd1 uur
VereistesGeen
Uitkomste
Datum20 September, 2021 |
R 250

Nog Kursusse

R 500

Die doel van verpligte aanmelding is om vermeende mishandelde en verwaarloosde kinders so gou moontlik […]

Ideal vir Maatskaplike werkers
R 500

Seksuele misbruik van kinders is wêreldwyd ʼn openbare gesondheidsprobleem wat in alle sosio-ekonomiese, opvoedkundige en […]

Ideal vir Maatskaplike werkers
R 500

Dit is belangrik dat enigeen wat met kinders werk, kennis en goeie begrip van die […]

Ideal vir Maatskaplike werkers