Diversiteit in die werkplek

KURSUSSTATUS:

R 100

Suid-Afrika is ongetwyfeld een van die mees diverse bevolkingsgroepe in die wêreld. Ons sien dit op beide sosiale- en werksvlak. Die kompleksiteit van diversiteit word vergroot deurdat Suid-Afrikaners in ons moderne tyd werksaam is met persone, groepe en organisasies van verskeie nasionaliteite. Die effektiewe bou van verhoudinge oor diverse grense is ’n uitdaging en daarom ook ’n sleutelbevoegdheid in die sogenaamde “nuwe” wêreld.

Mense wêreldwyd het die geneigdheid om diversiteit as verskille te aan sien. Vergelykings word onbewustelik, outomaties getref, veralgemenings word gemaak en oordele word redelik maklik gevel. As gevolg hiervan onstaan daar heelwat (onnodige) misverstande en konflik wat lei tot gebrekkige samewerking en die uitmis op waardevolle geleenthede.

Die ingesteldheid om verskille raak te sien en daarvolgens te oordeel, kom al ’n lang pad. Dit is wat ons vanaf kleintyd geleer word. Ons is so gesosialiseer in ons gesinne en gemeenskappe dat ons slegs ons eie lewenstyl en gedrag as aanvaarbaar beskou. Die lesse wat ons geleer het in ons nabye kringe is waardevol en enige ander lesse dra nie water nie.

BENAMING VAN DIE E-LEER KURSUS:

Diversiteit in die werkplek

DUUR VAN KURSUS

60 minute se leer

FORMAAT VAN KURSUS:

E-leer

KOSTES VAN KURSUS:

R100 (Nie-lede)

R60 (Solidariteit-lid)

 

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

In die gerief van jou eie kantoor

UITKOMSTE VAN KURSUS:

Wat hierdie e-leer betref word die volgende vyf (5) vrae ondersoek:

  1. Wat beteken diversiteit?
  2. Wat is die rol en impak van diversiteit in Suid-Afrika?
  3. Is daar waarde in diversiteit soos byvoorbeeld in die werkplek?
  4. Bestaan daar gemeenskaplikhede in diversiteit?
  5. Kan andershede oorbrug word en indien wel, hoe?

 

Leerdoelwitte

Die primêre oogmerke van dié e-leer is om:

  • begrip te verbreed met betrekking tot die betekenis van diversiteit,
  • insigte te ontwikkel oor kulturele-diversiteit in Suid-Afrika,
  • kennis te dra van die waarde van diversiteit, en
  • bewus te wees hoe om die waarde van diversiteit in Suid-Afrika te ontsluit.

Die e-leer word aangebied in drie (3) leereenhede:

Leereenheid 1: Wat diversiteit behels.

Leereenheid 2: Kulturele-diversiteit.

Leereenheid 3: Ontsluiting van diversiteit se waarde – begin by jouself.

 

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Enige persoon wat graag ’n belegging wil maak in die ontwikkeling van hulle self-leierskap.

ONTWIKKELAAR: Gerard van Hoek

Gerard spesialiseer in die opleiding en ontwikkeling van individue en spanne. Hy fokus veral op self-leierskap, beïnvloeding, onderhandeling, konflik en kreatiwiteit in tye van snelle verandering veral met die oog op die Vierde Industriële Revolusie (4IR).

Gerard het 28 jaar se ervaring in leerontwerp wat strek oor 11 industrie-sektore, in 11 lande en 4 kontinente. Hy het bewese ervaring in persoonlike ontwikkeling in samewerking met 13 nasionale kulture. Hy is tans werksaam aan sy PhD in die 4IR.