Hierdie kursus is geskik vir enige persoon in die werkplek wat met meer vrymoedigheid e-posse wil uitstuur. Enige iemand wat gereeld op e-posse korrespondeer behoort hierdie kursus te doen.
JOU FASSILITEERDER
Salome Coertze is die hoof van Solidariteit se Taalkantoor en benewens taalversorging en vertaling, is sy ook verantwoordelik vir hulp aan S-Leer met die ontwikkeling van opleidingsmodules. Salome se kwalifikasies sluit in BMus (Uitvoerend), BMus Honneurs, NGHOD, BA Tale, BA Honneurs in Toegepaste Taalstudie ‘n TOEFL-sertifikaat, ‘n Nagraadse Diploma in Vertaling en ‘n MA in Linguistiek. Haar M-skripsie se onderwerp was “Aviation English in South Africa” – ‘n studie wat nog nooit in Suid-Afrika onderneem is nie en wat ‘n uitvloeisel was van haar akkreditasie by Burgerlugvaart in Suid-Afrika om taalvaardigheidstoetse vir vlieëniers en lugverkeerleiers saam met ‘n lugvaartdeskundige te fasiliteer.
Ratings and Reviews
5.0
Avg. Rating
3 Ratings
5
3
4
0
3
0
2
0
1
0
What's your experience? We'd love to know!
Login to Review
What's your experience? We'd love to know!
Login to Review
Die kursus was kort en kragtig. Baie informatief en ek het baie geleer. Baie dankie