Die Verklarende Memorandum by die Wetsontwerp op Diensbillikheid illustreer die behoefte aan wetgewing om die wanbalanse van die verlede reg te stel en die behoefte om die ongelykhede aan te spreek wat deur die apartheidsbestel nagelaat is.
Die implementering van regstellendeaksiemaatreëls deur aangewese werkgewers is verpligtend, en in die geval van eerste oortredings kan werkgewers se versuim om sulke maatreëls te tref boetes tot die grootste van 2% van ’n werkgewer se jaarlikse omset of R1,5 miljoen tot gevolg hê. Die Departement van Arbeid het in Julie 2015 aangedui dat hy van plan was om meer as 1 000 werkgewers te dagvaar oor versuim om die Wet na te kom en het sedertdien sy verbintenis tot strenger afdwinging van die wet herbevestig. Latere wysigings van die Wet, wat op 1 Augustus 2014 van krag geword het, het die Departement van Arbeid groter magte gegee om werkgewers hof toe te vat.
Gelykberegtiging by indiensneming is ’n gespesialiseerde terrein, en nie alle werkgewers is in staat om die vereiste regstellendeaksiemaatreëls sonder bystand te neem nie. Die doel van hierdie handleiding is om werkgewers te help om die Wet en die maatreëls wat dit vereis, te verstaan en hoe om dit te implementeer. Pro forma-voorbeelde word voorsien wat gebruik kan word, en waar nodig word die mees tersaaklike gewysde sake hieroor bespreek om begrip van die Wet te verbeter.
Nakoming van die Wet beteken nie dat jou firma finansieel of andersins moet swaarkry nie, en die belangrikste is dat werkgewers nie bloot uit vrees vir vergelding deur die Departement te ver moet gaan nie.
e-Leer-inhoud
Module 4: Regstellendeaksiemaatreëls: Hoofstuk III van die Wet
-
4.1 Pligte van aangewese werkgewers soos bepaal in artikel 13 van die Wet
-
4.2 Wat is regstellendeaksiemaatreëls ingevolge artikel 15 van die Wet?
-
4.3 Wat is ‘n kwota en ‘n absolute versperring?
-
4.4 Wie is volgens die DBW toepaslik gekwalifiseer?
-
4.5 Oorplegplegingsproses soos vereis deur artikel 16 van die DBW
-
4.6. Instelling van ‘n diensgelykheidsforum
-
4.7 Rolle en verantwoordelikhede van die forum
-
4.8 Uitvoering van ‘n ontleding soos vereis deur artikel 19 van die DBW.
-
4.9 Opstel van ’n diensbillikheidsplan ingevolge artikel 20 van die DBW
-
4.10 Hoe om die numeriese teikens te bepaal
-
4.11 Relevante gewysde sake oor diensbillikheidsplanne
- 4.1 Pligte van aangewese werkgewers soos bepaal in artikel 13 van die Wet
- 4.2 Wat is regstellendeaksiemaatreëls ingevolge artikel 15 van die Wet?
- 4.3 Wat is ‘n kwota en ‘n absolute versperring?
- 4.4 Wie is volgens die DBW toepaslik gekwalifiseer?
- 4.5 Oorplegplegingsproses soos vereis deur artikel 16 van die DBW
- 4.6. Instelling van ‘n diensgelykheidsforum
- 4.7 Rolle en verantwoordelikhede van die forum
- 4.8 Uitvoering van ‘n ontleding soos vereis deur artikel 19 van die DBW.
- 4.9 Opstel van ’n diensbillikheidsplan ingevolge artikel 20 van die DBW
- 4.10 Hoe om die numeriese teikens te bepaal
- 4.11 Relevante gewysde sake oor diensbillikheidsplanne