Emosionele intelligensie vir kantoorpraktisyns

KURSUSSTATUS:

R 2 775

Ons het nie altyd beheer oor al die elemente in die werkplek nie, maar ons kan leer om die eise en uitdagings doeltreffend te hanteer, en hoe om ander rondom ons te beïnvloed. Emosionele intelligensie het ‘n deurslaggewende aandeel in suksesvolle werkomgewings Individue met ‘n hoë mate van emosionele intelligensie is ingestel op hul eie en ander se emosies. In plaas daarvan van om die impak van hul eie en ander se emosies te ignoreer, kan hulle dan eerder  hierdie inligting gebruik om beter te kommunikeer, beter besluite te neem, en stresvolle situasies beter te hanteer

KURSUSBENAMING:

Emosionele intelligensie vir kantoorpraktisyns

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum:            4 Maart

Tyd:                09:00 – 16:30

 

KURSUSFORMAAT:

Seminaar (een dag)

KOSTE VAN KURSUS:

Solidariteit lede:  R1 950

Nie -lede:  R 2 925

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

S-Leer

Kremetart Raadsaal

Solidariteit Hoofkantoor

Kloofsig

Centurion

Klik hier vir die kaart en aanwysings

OORSIG VAN INHOUD:

Ons het nie altyd beheer oor al die elemente in die werkplek nie, maar ons kan leer om die eise en uitdagings doeltreffend te hanteer, en hoe om ander rondom ons te beïnvloed. Emosionele intelligensie het ‘n deurslaggewende aandeel in suksesvolle werkomgewings Individue met ‘n hoë mate van emosionele intelligensie is ingestel op hul eie en ander se emosies. In plaas daarvan van om die impak van hul eie en ander se emosies te ignoreer, kan hulle dan eerder  hierdie inligting gebruik om beter te kommunikeer, beter besluite te neem, en stresvolle situasies beter te hanteer

BIOGRAFIE: 

Henk Labuschagne is ‘n leier op die gebied van bedryfsielkunde en spesialiseer in bestuurs- en werknemervaardigheidsprogramme, die evaluering van bestuur en werknemers (metodologieë met betrekking tot psigometriese en bevoegdheidstoetse), en programme vir effektiewe spanwerk. Hy fasiliteer ook strategiese beplanningsessies vir maatskappye, besigheidseenhede en werkspanne. Henk het in Johannesburg grootgeword en het sy voorgraadse en nagraadse kwalifikasies tot op meestersgraadvlak in Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria verwerf.

Sy loopbaan het in 1985 afgeskop as sielkundige konsultant by die Rustenburg Educational Aid Centre. Daarna was hy by die plaaslike munisipaliteit van Rustenburg werksaam as hoof van die opleidingseenheid. In 1991 het hy by die Kamer van Mynwese in Klerksdorp aangesluit waar hy as sielkundige konsultant vir die verskillende myngroepe in die gebied opgetree het.

Hy het die Workplace Skills Academy Training Company in 1997 gevestig wat deur SAQA geakkrediteer is en wat bestuurs- en personeelopleidingsprogramme aanbied, asook programme vir jongmense wat die werkplek vir die eerste keer betree. Hy was ook die stigter van Peoplewise Business Solutions wat spesialiseer in die evaluering van bestuurslede en personeel, die ontwikkeling en bevordering van spanwerk, leiding aan uitvoerende bestuurslede en die fasilitering van strategiese beplanningsessies vir maatskappye, besigheidseenhede en werkspanne.