Excel Basies 4 Februarie

KURSUSSTATUS:

R 2000

Neem hierdie kursus

Hierdie kursus is ontwerp om u te help om Microsoft Excel op produktiewe wyse te gebruik en om u vertroud te maak met die basiese eienskappe van Ms Excel. Dit sluit in om belangrike sleutelbordkortpaaie, muiskortpaaie en Excel-aanpassings te ken en hoe om ’n aantreklike, leesbare werkboek te skep. Met behulp van formules kan jy totale bereken, opsommings maak, vrae beantwoord en insigte verkry.

KURSUSBENAMING

Excel Basies

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum:                        4 Februarie 2020

Tyd:                            09:00 – 16:00

KURSUSFORMAAT:

Seminaar

KOSTE VAN KURSUS:

Nie-lede:                                 R2 000

Solidariteit-lede:                     R1 200

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

S-leer

Kremetart Raadsaal

Solidariteit Hoofkantoor

H.v. D.F. Malanlaan en Eendrachtstraat, Kloofsig

Centurion

Klik hier vir die kaart en aanwysings.

 

OORSIG VAN INHOUD:

Hierdie kursus is ontwerp om u te help om Microsoft Excel op produktiewe wyse te gebruik en om u vertroud te maak met die basiese eienskappe van Ms Excel. Dit sluit in om belangrike sleutelbordkortpaaie, muiskortpaaie en Excel-aanpassings te ken en hoe om ’n aantreklike, leesbare werkboek te skep. Met behulp van formules kan jy totale bereken, opsommings maak, vrae beantwoord en insigte verkry.

KURSUSUITKOMSTE:

  • ʼn Sigblad vir algemene kantoorgebruik skep en ontwerp;
  • Die basiese meganika en navigasie van ʼn Excel-sigblad met gemak kan doen;
  • ʼn Ms Excel-werkblad professioneel laat vertoon deur gebruik te maak van formateringstegnieke en aanbiedingstyle;
  • Datastelle sorteer en filters gebruik om inligting te onttrek;
  • Basiese formules en funksies gebruik om berekeninge te doen; en
  • Grafieke in Ms Excel skep, redigeer en formateer en dit druk.

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Die seminaar is bedoel vir enige persoon, jonk of oud, wat meer rekenaarvaardig wil raak om hom- of haarself met die regte kennis, vaardighede en gesindheid toe te rus om ʼn rekenaar effektief te gebruik, ongeag of dit in ʼn tipiese kantooropset is of vir persoonlike gebruik.

 

BIOGRAFIE: 

Chris Botha is ʼn Microsoft-gesertifiseerde vakkundige, ʼn Microsoft Office-meesterspesialis, asook ʼn Microsoft-gesertifiseerde opleier.  Daarby het hy sy honneursgraad in Statistiek aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf en gebruik hy die Microsoft-reeks produkte reeds sedert die ontstaan daarvan.  Hy bring nie net teoretiese kennis na opleidingsessie nie, maar maak ook gebruik van praktiese voorbeelde wat hy tydens jare in die korporatiewe omgewing teëgekom het.  Hy is sedert 1993 reg oor Suid-Afrika en in die buiteland betrokke by die opleiding en opstel van basiese tot gevorderde kursusse in die Microsoft Office-reeks.  Enige kursus wat deur Chris aangebied word, is ʼn unieke kombinasie van passie, energie, teorie, “tips and tricks”, en bied meer as genoeg praktiese voorbeelde.

 

KURSUSKREDIETE

Geen

 

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status