Excel Gevorderd 7 April

KURSUSSTATUS:
Neem hierdie kursus

Die gevorderde Microsoft Excel-kursus beoog om vaardighede en kennis te verskaf wat die kursusganger sal toelaat om soekfunksies te skep, Microsoft Excel-werksopsies op te stel, werkkaarte te verbeter, werkkaartdata te beskerm, gevorderde databedrywighede in te voer met behulp van opsommings, spiltabelle (“pivot tables”), data-konsolidasies, doelwitstellings (“What If”-stellings), en probleemoplossing (“Solver”).

KURSUSBENAMING

Excel Gevorderd

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum:                        7 April 2020

Tyd:                            09:00 – 16:00

KURSUSFORMAAT:

Seminaar

KOSTE VAN KURSUS:

Nie-lede:                     R2 000

Solidariteit-lede:         R1 200

 

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

S-leer

Kremetart Raadsaal

Solidariteit Hoofkantoor

H.v. D.F Malanlaan en Eendrachtstraat, Kloofsig

Centurion

 

OORSIG VAN INHOUD:

Die gevorderde Microsoft Excel-kursus beoog om vaardighede en kennis te verskaf wat die kursusganger sal toelaat om soekfunksies te skep, Microsoft Excel-werksopsies op te stel, werkkaarte te verbeter, werkkaartdata te beskerm, gevorderde databedrywighede in te voer met behulp van opsommings, spiltabelle (“pivot tables”), data-konsolidasies, doelwitstellings (“What If”-stellings), en probleemoplossing (“Solver”).

KURSUSUITKOMSTE:

  • ’n Reeks soek- en verwysingsfunksies kan gebruik;
  • Microsoft Excel-opsies verander;
  • Etikette en name in ’n werkboek kan skep en gebruik;
  • Data kan beskerm;
  • Opsommings in jou sigblaaie maak deur subtotale te gebruik;
  • Die data-konsolidasiefunksie gebruik om data van verskeie werkboeke in een te kombineer;
  • Eenvoudige spiltabelverslae verstaan en skep;
  • Spiltabelle opstel en gebruik deur van die meer gevorderde tegnieke gebruik te maak;
  • ’n Spildiagram skep en redigeer;
  • Doelwitstellings gebruik om die waardes te bepaal wat nodig is om die gewenste resultaat (“What If”-analise) te bereik;
  • “Solver” gebruik om meer komplekse en ingewikkelde probleme op te los; en
  • Basiese Excel-paneelborde (“Dashboards”) en verslae skep.

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Enige werkende individue wat met Microsoft Excel werk, en die basiese beginsels bemeester het.

 

BIOGRAFIE: 

 

Chris Botha is ʼn Microsoft-gesertifiseerde vakkundige, ʼn Microsoft Office-meesterspesialis, asook ʼn Microsoft-gesertifiseerde opleier.  Daarby het hy sy honneursgraad in Statistiek aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf en gebruik hy die Microsoft-reeks produkte reeds sedert die ontstaan daarvan.  Hy bring nie net teoretiese kennis na opleidingsessie nie, maar maak ook gebruik van praktiese voorbeelde wat hy tydens jare in die korporatiewe omgewing teëgekom het.  Hy is sedert 1993 reg oor Suid-Afrika en in die buiteland betrokke by die opleiding en opstel van basiese tot gevorderde kursusse in die Microsoft Office-reeks.  Enige kursus wat deur Chris aangebied word, is ʼn unieke kombinasie van passie, energie, teorie, “tips and tricks”, en bied meer as genoeg praktiese voorbeelde.

 

KURSUSKREDIETE

Geen

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status