Excel Intermediêr 4 Augustus

KURSUSSTATUS:
Neem hierdie kursus

Hierdie kursus is ontwerp om u te help om Microsoft Excel op produktiewe wyse te gebruik en om u vertroud te maak met die basiese eienskappe van Ms Excel. Dit sluit in om belangrike sleutelbordkortpaaie, muiskortpaaie en Excel-aanpassings te ken en hoe om ’n aantreklike, leesbare werkboek te skep. Met behulp van formules kan jy totale bereken, opsommings maak, vrae beantwoord en insigte verkry.

KURSUSBENAMING

Excel Intermediêr

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum:                        4 Augustus 2020

Tyd:                            09:00 – 16:00

KURSUSFORMAAT:

Seminaar

KOSTE VAN KURSUS:

Nie-lede:                     R2 000

Solidariteit-lede:         R1 200

 

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

S-leer

Kremetart Raadsaal

Solidariteit Hoofkantoor

H.v. D.F Malanlaan en Eendrachtstraat, Kloofsig

Centurion

 

OORSIG VAN INHOUD:

Hierdie kursus is ontwerp om u te help om Microsoft Excel op produktiewe wyse te gebruik en om u vertroud te maak met die basiese eienskappe van Ms Excel. Dit sluit in om belangrike sleutelbordkortpaaie, muiskortpaaie en Excel-aanpassings te ken en hoe om ’n aantreklike, leesbare werkboek te skep. Met behulp van formules kan jy totale bereken, opsommings maak, vrae beantwoord en insigte verkry.

KURSUSUITKOMSTE:

  • ’n Sigblad vir algemene kantoorgebruik skep en ontwerp asook meer gevorderde databasistoepassing kan doen;
  • Meer gevorderde navigasie van ’n Excel-sigblad gemaklik kan doen asook tegnieke om data tussen werkblaaie te identifiseer en te manipuleer;
  • ’n Ms Excel-werkblad met formateringstegnieke en aanbiedingstyle professioneel laat vertoon;
  • Chronologiese data herrangskik om kleiner, meer verstaanbare verslae/opsommings te skep;
  • Meer gevorderde sorteringsmetodes en filters gebruik om inligting te onttrek en te manipuleer;
  • Formules en funksies gebruik om berekeninge te doen, insluitende “Boolean”-tipe funksies ten einde ’n uitkoms te verkry afhangende van sekere kondisies; en
  • Grafieke in Ms Excel skep/redigeer/formateer en druk.

 

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Die seminaar is vir enige persoon, jonk of oud, wat meer rekenaarvaardig wil raak ten einde hulself toe te rus met die regte kennis, vaardighede en gesindheid om Ms Excel effektief te gebruik, hetsy in ’n kantooromgewing of vir hul persoonlike gebruik.

 

BIOGRAFIE: 

Chris Botha is ʼn Microsoft-gesertifiseerde vakkundige, ʼn Microsoft Office-meesterspesialis, asook ʼn Microsoft-gesertifiseerde opleier.  Daarby het hy sy honneursgraad in Statistiek aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf en gebruik hy die Microsoft-reeks produkte reeds sedert die ontstaan daarvan.  Hy bring nie net teoretiese kennis na opleidingsessie nie, maar maak ook gebruik van praktiese voorbeelde wat hy tydens jare in die korporatiewe omgewing teëgekom het.  Hy is sedert 1993 reg oor Suid-Afrika en in die buiteland betrokke by die opleiding en opstel van basiese tot gevorderde kursusse in die Microsoft Office-reeks.  Enige kursus wat deur Chris aangebied word, is ʼn unieke kombinasie van passie, energie, teorie, “tips and tricks”, en bied meer as genoeg praktiese voorbeelde.

 

KURSUSKREDIETE

Geen

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status