Finansies vir nie-finansiële bestuurders

KURSUSSTATUS:

GRATIS

Neem hierdie kursus

’n Belangrike onderskeid wat in die bestuur van finansies getref moet word, is die verskil in die perspektief van ’n werknemer teenoor dié van ’n eienaar. ’n Eienaar is onder andere skerp daarop ingestel om finansiële verkwisting te voorkom eerder as om dit reaktief reg te stel. Hierdie webinaar ondersoek finansiële verkwisting.

KURSUSBENAMING:

Finansies vir nie-finansiële bestuurders

DATUM EN DUUR VAN DIE WEBINAAR

Datum: 25 Februarie 2020

Tyd: 10:00 – 11:00

KURSUSFORMAAT:

Webinaar

KOSTE VAN KURSUS:

Gratis

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

In die gerief van jou eie kantoor of huis

OORSIG VAN INHOUD:

’n Belangrike onderskeid wat in die bestuur van finansies getref moet word, is die verskil in die perspektief van ’n werknemer teenoor dié van ’n eienaar. ’n Eienaar is onder andere skerp daarop ingestel om finansiële verkwisting te voorkom eerder as om dit reaktief reg te stel. Hierdie webinaar ondersoek finansiële verkwisting.

LEERUITKOMSTE:

Die webinaar dek die volgende onderwerpe:

  • Die tipes finansiële verkwisting
  • Wat die proaktiewe ingesteldheid behels om finansiële verkwisting te voorkom
  • Ses praktiese wenke om finansiële verkwisting te vermy

WIE BEHOORT DIE WEBINAAR BY TE WOON?

Bestuurders wat verantwoordelik is vir die finansies van ‘n afdeling, departement en selfs ‘n besigheidseenheid.

BIOGRAFIE: 

Gerard is oor ’n tydperk van drie dekades blootgestel aan ’n verskeidenheid van werksdissiplines en -rolle. Dit sluit onder andere in spesialisrolle, junior tot senior bestuursrolle, en ’n hoë vlak van strategiese projekte in die korporatiewe omgewing.

Sy blootstelling aan beide entrepreneurskap en die ondersteuning van welwillendheidsorganisasies strek ver en diep.

Gerard het ’n belangstelling in die krag van beïnvloedingstrategieë, -taktiek, en –gedrag ontwikkel. Hy het oor ’n tydperk van omtrent 20 jaar toepassings hiervan ontwikkel in algemene leierskap, bestuur, spanwerk, selfleierskap, diversiteit, onderhandeling, verkope, konsultasieprosesse en die benutting van beïnvloeding in kreatiwiteit, organisasie-vernuwing en innovasie.

Sy blootstelling aan die ontwikkeling van beïnvloedingstoepassings het gelei tot ’n passie om leer-intervensies te ontwerp en te ontwikkel, veral op die terrein van digitale platforms. Hierdeur het hy homself bekwaam in die gebruik van ’n wye verskeidenheid van tegnologieë wat hardeware, stelsels en sagteware insluit.

Gerard het tot dusver in sy loopbaan oor 11 bedryfsektore in 11 lande op 4 kontinente gewerk. Hy het bewese ervaring in ontwikkeling, in samewerking met 13 nasionale kulture en ongeveer 50 subkulture of etniese groepe.

 

KURSUSKREDIETE:

Geen

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status