GenMan 4: Fundamentele aspekte

KURSUSSTATUS:

GRATIS

Neem hierdie kursus

Bestuurders kommunikeer formeel en informeel op ’n daaglikse basis. Die kommunikasie sluit onder andere aanbiedings, vergaderings, prestasiegesprekke en spanpraatjies in. Hierdie webinaar handel oor die belangrikse elemente van kommunikasie in bestuur.

KURSUSBENAMING:

GenMan 4: Fundamentele aspekte

DATUM EN DUUR VAN DIE WEBINAAR

Datum: 24 Maart 2020

Tyd: 10:00 – 11:00

KURSUSFORMAAT:

Webinaar

KOSTE VAN KURSUS:

Gratis

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

In die gerief van jou eie kantoor of huis

OORSIG VAN INHOUD:

Bestuurders kommunikeer formeel en informeel op ’n daaglikse basis. Die kommunikasie sluit onder andere aanbiedings, vergaderings, prestasiegesprekke en spanpraatjies in. Hierdie webinaar handel oor die belangrikse elemente van kommunikasie in bestuur.

 

LEERUITKOMSTE:

Die webinaar dek die volgende onderwerpe:

  • Wat kommunikasie in bestuur behels
  • Die verskillende vorme van kommunikasie
  • Die intensie teenoor die impak van kommunikasie
  • Vyf wenke om doeltreffend te kommunikeer.

 

WIE BEHOORT DIE WEBINAAR BY TE WOON?

Die program is die beste geskik vir die volgende gehoor:

  • Persone wat daarna strewe om bestuurders te word
  • Junior bestuur
  • Individue wat die wêreld van entrepreneurskap wil betree of dit so pas betree het

 

BIOGRAFIE: 

Gerard is oor ’n tydperk van drie dekades blootgestel aan ’n verskeidenheid van werksdissiplines en -rolle. Dit sluit onder andere in spesialisrolle, junior tot senior bestuursrolle, en ’n hoë vlak van strategiese projekte in die korporatiewe omgewing.

Sy blootstelling aan beide entrepreneurskap en die ondersteuning van welwillendheidsorganisasies strek ver en diep.

Gerard het ’n belangstelling in die krag van beïnvloedingstrategieë, -taktiek, en –gedrag ontwikkel. Hy het oor ’n tydperk van omtrent 20 jaar toepassings hiervan ontwikkel in algemene leierskap, bestuur, spanwerk, selfleierskap, diversiteit, onderhandeling, verkope, konsultasieprosesse en die benutting van beïnvloeding in kreatiwiteit, organisasie-vernuwing en innovasie.

Sy blootstelling aan die ontwikkeling van beïnvloedingstoepassings het gelei tot ’n passie om leer-intervensies te ontwerp en te ontwikkel, veral op die terrein van digitale platforms. Hierdeur het hy homself bekwaam in die gebruik van ’n wye verskeidenheid van tegnologieë wat hardeware, stelsels en sagteware insluit.

Gerard het tot dusver in sy loopbaan oor 11 bedryfsektore in 11 lande op 4 kontinente gewerk. Hy het bewese ervaring in ontwikkeling, in samewerking met 13 nasionale kulture en ongeveer 50 subkulture of etniese groepe.

 

KURSUSKREDIETE:

Geen

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status