Gevorderde Microsoft Excel-kursus

KURSUSSTATUS:

R 2 200

Neem hierdie kursus

Die gevorderde Microsoft Excel-kursus beoog om vaardighede en kennis te verskaf wat die kursusganger sal toelaat om soekfunksies te skep, Microsoft Excel-werksopsies op te stel, werkkaarte te verbeter, werkkaartdata te beskerm, gevorderde databedrywighede in te voer met behulp van opsommings, spiltabelle (“Pivot Tables”), data-konsolidasies, doelwitstellings (“What If Statements), en probleemoplossing (“Solver”).

 

 

KURSUSBENAMING:

Gevorderde Microsoft Excel-kursus (twee dagkursus)

 

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum:            4 en 5 September 2019

Tyd:                09:00 – 16:30

 

KURSUSFORMAAT:

Seminaar

 

KOSTE VAN KURSUS

Solidariteit lede:  R 1 320

Nie-Lede:  R2 200

 

KENNISGEWING

Bring asb. u eie skootrekenaar saam

 

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

S-Leer

Solidariteit Hoofkantoor

Kremetart Raadsaal

H/V D.F Malan en Eendrachtstraat, Kloofsig

Centurion

 

OORSIG VAN INHOUD:

Die gevorderde Microsoft Excel-kursus beoog om vaardighede en kennis te verskaf wat die kursusganger sal toelaat om soekfunksies te skep, Microsoft Excel-werksopsies op te stel, werkkaarte te verbeter, werkkaartdata te beskerm, gevorderde databedrywighede in te voer met behulp van opsommings, spiltabelle (“Pivot Tables”), data-konsolidasies, doelwitstellings (“What If Statements), en probleemoplossing (“Solver”).

 

KURSUS-UITKOMSTE:

Na suksesvolle voltooiing van hierdie kursus behoort die kursusgangers in staat te wees om:

  • ‘n reeks soek- en verwysingsfunksies te kan gebruik;
  • Microsoft Excel-opsies te verander;
  • etikette en name in ‘n werkboek te kan skep en gebruik;
  • data te kan beskerm;
  • opsommings in jou sigblaaie te maak deur subtotale te gebruik;
  • die data-konsolidasiefunksie te gebruik om data van verskeie werkboeke in een te kombineer;
  • eenvoudige spiltabelverslae te verstaan en te skep;
  • spiltabelle op te stel en te gebruik deur van die meer gevorderde tegnieke gebruik te maak;
  • ‘n spildiagram te skep en te redigeer;
  • doelwitstellings te gebruik om die waardes te bepaal wat nodig is om die gewenste resultaat (“What If Analysis”) te bereik;
  • “Solver” te gebruik om meer komplekse en ingewikkelde probleme op te los;
  • Basiese Excel-paneelborde (“Dashboards”) en verslae te skep.

 

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Enige werkende individue wat met Microsoft Excel werk, en die basiese beginsels bemeester het.

 

BIOGRAFIE: 

Chris Botha is ‘n Microsoft Certified Professional, Microsoft Office Specialist Master asook  ‘n Microsoft Certified Trainer.  Daarby het hy sy Honneursgraad in Statistiek aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf en gebruik die Microsoft-reeks produkte reeds vanaf die ontstaan daarvan.  Hy kom nie net met teoretiese kennis nie, maar met praktiese voorbeelde wat hy tydens jare in die korporatiewe omgewing teëgekom het.  Sedert 1993 is hy regoor Suid-Afrika en in die buiteland betrokke by die opleiding en opstel van basiese tot gevorderde kursusse in die Microsoft Office-reeks.  Enige kursus wat deur Chris aangebied word, is ‘n unieke kombinasie van passie, energie, teorie, “tips and tricks”, en vele praktiese voorbeelde.

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status