Gevorderde Microsoft PowerPoint-kursus (eendagkursus)

KURSUSSTATUS:

R 975

Neem hierdie kursus

Hierdie Microsoft PowerPoint-opleidingskursus het ten doel om nuwe PowerPoint-gebruikers te voorsien van die noodsaaklike vaardighede wat nodig is om professionele aanbiedings te skep, te wysig en aan te bied deur gebruik te maak van teks, tabelle, diagramme, kaarte en prente, asook die aanbieding van aanbiedingswenke.

 

KURSUSBENAMING:

Gevorderde Microsoft PowerPoint-kursus (eendagkursus)

 

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Seminaar

Datum:            24 Julie 2019

Tyd:                09:00 – 16:30

 

KURSUSFORMAAT:

Seminaar

 

KOSTE VAN KURSUS:

Solidariteit lede:  R650

Nie-lede:  R975

 

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

S-Leer

Kremetart Raadsaal

Solidariteit Hoofkantoor

Kloofsig

Centurion

Klik hier vir die kaart en aanwysings

 

OORSIG VAN INHOUD:

Hierdie Microsoft PowerPoint-opleidingskursus het ten doel om nuwe PowerPoint-gebruikers te voorsien van die noodsaaklike vaardighede wat nodig is om professionele aanbiedings te skep, te wysig en aan te bied deur gebruik te maak van teks, tabelle, diagramme, kaarte en prente, asook die aanbieding van aanbiedingswenke.

 

KURSUS-UITKOMSTE:

Na suksesvolle voltooiing van hierdie kursus behoort die deelnemers in staat te wees om:

 

  • met die basiese kenmerke van PowerPoint te werk;
  • ‘n nuwe aanbieding te skep;
  • met verskillende aansigte wat in PowerPoint beskikbaar is, te werk;
  • teks in ‘n skyfie in te voeg en basiese formatering toe te pas, asook Outline view te gebruik;
  • met die verskillende skyfie-uitlegte te werk;
  • formateringstegnieke te gebruik;
  • SmartArt-grafika te skep en daarmee te werk;
  • ‘n skyfievertoning in PowerPoint te navigeer;
  • Voeg animasie en ander visuele effekte by.
  • aanbiedingvoordragte te druk;
  • inligting tussen Ms Word en Ms PowerPoint te integreer;
  • briljante aanbiedings te skep.

 

 

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Enige werkende individue wat met Microsoft PowerPoint werk.

 

BIOGRAFIE: 

Elize Nagel was vanaf 1 Oktober 1995 tot 30 November 2018  verbonde aan die Universiteit van Pretoria waar sy in die Inligtingstegnologie-afdeling gewerk het.  Elize was verantwoordelik vir die opleiding van alle personeellede in alle sagteware wat deur IT ondersteun word. Dit sluit in die opstel en aanbied van basiese en gevorderde rekenaarkursusse, asook kursusse vir alle stelsels wat deur IT ontwikkel en ondersteun is. Alle handleidings en praktiese voorbeelde wat in die opleiding gebruik is, is deur haar ontwikkel en onderhou. Danksy haar ervaring en besonder goeie kennis van die sagteware het sy dus ook ondersteuning gebied vir die sagteware wat deur IT ondersteun is. Elize het ʼn onderwysagtergrond. Sy het ʼn HOD-kwalifikasie in Handel aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf.

 

 

Neem hierdie kursus