Gevorderde Microsoft Word-kursus

KURSUSSTATUS:

R 2 200

Neem hierdie kursus

Hierdie kursus is ontwerp om u die gevorderde vaardighede van Microsoft Word te leer. Die kursus sal u in staat stel om met meer selfvertroue te werk om komplekse besigheidsdokumente te skep, te redigeer en te formateer. Die kursus is ontwerp vir diegene wat die vaardighede nodig het om lang dokumente te bestuur, saam te werk met ander (“collaboration”), spoorveranderings (“track changes”) te gebruik en dokumente te beveilig.

KURSUSBENAMING:

Gevorderde Microsoft Word-kursus (twee dag kursus)

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

 

Datum:            2 – 3 Julie 2019:  Kremetart raadsaal

Tyd:                09:00 – 16:30

 

KURSUSFORMAAT:

Seminaar

 

KOSTE VAN KURSUS:

Solidariteit lede:  R1 320

Nie -lede:  R 2 200

 

KENNISGEWING:

Bring asb. u eie skootrekenaar

 

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

S-Leer

Kremetart raadsaal

Solidariteit Hoofkantoor

Kloofsig

Centurion

Klik hier vir die kaart en aanwysings

 

OORSIG VAN INHOUD:

Hierdie kursus is ontwerp om u die gevorderde vaardighede van Microsoft Word te leer. Die kursus sal u in staat stel om met meer selfvertroue te werk om komplekse besigheidsdokumente te skep, te redigeer en te formateer. Die kursus is ontwerp vir diegene wat die vaardighede nodig het om lang dokumente te bestuur, saam te werk met ander (“collaboration”), spoorveranderings (“track changes”) te gebruik en dokumente te beveilig.

 

KURSUS-UITKOMSTE:

Na suksesvolle voltooiing van hierdie kursus sal die kursusgangers in staat wees om:

 

  • template en vorms te kan gebruik;
  • verskillende dokumentstyle te kan toepas;
  • ʼn inhoudsopgawe outomaties te kan bywerk;
  • ʼn indeks te skep;
  • kommentare (“comments”) in te voeg;
  • spoorveranderings (“tracking”) te gebruik;
  • kruisverwysings in te voeg sodat dit outomaties bygewerk word wanneer veranderinge aangebring word;
  • boublokke (“Building Blocks”) te gebruik;
  • die posfusie-funksie (“Mail Merge”-funksie) te gebruik;
  • grafika in te voeg, te verskuif, die grootte daarvan te verander en dit te sny (“crop”);
  • Watermarks, WordArt en SmartArt te gebruik; en
  • voorbereiding te doen en dokumente met ander mense te deel.

 

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Enige werkende individue wat met Microsoft Word werk en reeds die basies onder die knieg het

 

BIOGRAFIE: 

Chris Botha is ‘n Microsoft Certified Professional, Microsoft Office Specialist Master asook  ‘n Microsoft Certified Trainer.  Daarby het hy sy Honneursgraad in Statistiek aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf en gebruik die Microsoft-reeks produkte reeds vanaf die ontstaan daarvan.  Hy kom nie net met teoretiese kennis nie, maar met praktiese voorbeelde wat hy tydens jare in die korporatiewe omgewing teëgekom het.  Sedert 1993 is hy regoor Suid-Afrika en in die buiteland betrokke by die opleiding en opstel van basiese tot gevorderde kursusse in die Microsoft Office-reeks.  Enige kursus wat deur Chris aangebied word, is ‘n unieke kombinasie van passie, energie, teorie, “tips and tricks”, en vele praktiese voorbeelde.

 

Neem hierdie kursus