Hoe bestuur ek my loopbaan binne ‘n snelveranderende wêreld van werk?

KURSUSSTATUS:
Neem hierdie kursus

Hoeveel ure per dag bestee jy in die werkplek? Of dalk moet ‘n mens eerder vra: hoeveel ure per dag bestee jy aan werk – hetsy in die werkplek of waar ookal? Hoeveel bevrediging ervaar jy dan wanneer jy besig is met werk? Die snelveranderende wêreld stel toenemend meer eise aan alle werknemers en werkgewers. Vir effektiewe aanpassing binne hierdie omgewing, is dit noodsaak om voortdurend ‘n opname te maak van wie ons is, en hoe ons vaardighede en waardes ooreenstem met die vereistes wat die werkplek aan ons stel. Alhoewel daar dikwels heelwat leergeleenthede binne die werkplek is, word loopbaanontwikkeling al hoe meer oorgelaat aan die werknemer. Voel jy in beheer van waarheen jy oppad is met jou loopbaan? Indien nie, behoort hierdie kursus jou genoeg kennis en vaardighede te gee om jou loopbaan beter te bestuur.

 

KURSUS BENAMING:
Hoe bestuur ek my loopbaan binne ‘n snelveranderende wêreld van werk

 

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum: 04 Junie 2019
Tyd: 08:30 – 16:30

 

FORMAAT VAN KURSUS:
Seminaar

 

KOSTES VAN KURSUS:
Solidariteit lede:  R1 800 

Nie-lede:  R2 700

 

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:
S-Leer
Kremetart raadsaal
Solidariteit Hoofkantoor
Kloofsig
Centurion
Sien die kaart hier

 

OORSIG VAN KURSUS:
Hoeveel ure per dag bestee jy in die werkplek? Of dalk moet ‘n mens eerder vra: hoeveel ure per dag bestee jy aan werk – hetsy in die werkplek of waar ookal? Hoeveel bevrediging ervaar jy dan wanneer jy besig is met werk? Die snelveranderende wêreld stel toenemend meer eise aan alle werknemers en werkgewers. Vir effektiewe aanpassing binne hierdie omgewing, is dit noodsaak om voortdurend ‘n opname te maak van wie ons is, en hoe ons vaardighede en waardes ooreenstem met die vereistes wat die werkplek aan ons stel. Alhoewel daar dikwels heelwat leergeleenthede binne die werkplek is, word loopbaanontwikkeling al hoe meer oorgelaat aan die werknemer. Voel jy in beheer van waarheen jy oppad is met jou loopbaan? Indien nie, behoort hierdie kursus jou genoeg kennis en vaardighede te gee om jou loopbaan beter te bestuur.

 

UITKOMSTE VAN KURSUS:
Na afloop van hierdie kursus sal jy meer weet van die volgende aspekte:
• Verskillende loopbaanfases in die loopbaanontwikkelingsproses
• Hoe om ‘n opname te maak oor waar jy jouself tans in jou loopbaan bevind
• Jou eie werk- en loopbaanwaardes
• Die toekoms van werk: Scenarios en implikasies
• Vlugvoetigheid vir aanpassings by die toekoms van werk
• Veerkragtigheid in die werkplek
• Self-rigtinggewendheid rakende jou loopbaan
• Hoe om ‘n loopbaanontwikkelingsplan op te stel.

 

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?
Enige persoon wat graag meer in beheer wil voel van sy of haar loopbaan. Die kursus sal selfs nuttig wees vir persone wat besig is om hul voete te vind in ‘n beroep.

 

BIOGRAFIE: DR. KARINA DE BRUIN


Dr. Karina de Bruin is tans die Besturende Direkteur van JvR Academy, ‘n maatskappy wat fokus op die ontwikkeling van gedrags- en ander vaardighede wat relevant is vir sukses in die moderne werkplek. Sy is ‘n geregistreerde voorligtingsielkundige met ‘n passie vir loopbaansielkunde. Sy was voorheen verbonde aan die Departement Sielkunde by die Universiteit van Johannesburg, waar haar navorsing spesifiek gefokus het op selfrigtinggewendheid en loopbaanontwikkeling. Sy doen gereeld beroepsvoorligting met individue en groepe om hul sodoende te ondersteun in hul loopbaanontwikkelingsproses.

 

KREDIETE VAN KURSUS

Geen

Neem hierdie kursus