
Die verkoopsarena is wêrelwyd uiters mededingend – meer as ooit tevore. Aggressiewe mededinging word gedryf deur die gebruik van slimtegnologie in verkope asook die versnelde en aanhoudende verbetering van bestaande oplossings en die innovasie om met nuwes vorendag te kom. Bemarkings- en verkoopstrategieë is nou, meer as ooit tevore, van kardinale belang.
KURSUSBENAMING:
Hoë-impak-langverkope: Verkoopstrategieë wat waarde vir kliënte ontsluit
DATUM EN DUUR VAN KURSUS
Dit sal jou omtrent twee ure neem om die kursus aanlyn te voltooi.
KURSUSFORMAAT:
E-leer
KOSTE VAN KURSUS:
Nielede: R100,00
Solidariteit-lede: R60,00
PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:
Aanlyn
OORSIG VAN INHOUD:
Die verkoopsarena is wêrelwyd uiters mededingend – meer as ooit tevore. Aggressiewe mededinging word gedryf deur die gebruik van slimtegnologie in verkope asook die versnelde en aanhoudende verbetering van bestaande oplossings en die innovasie om met nuwes vorendag te kom. Bemarkings- en verkoopstrategieë is nou, meer as ooit tevore, van kardinale belang.
E-leer bied die volgende leergeleenthede aan:
Konteks, posisionering en oorsig
- Die verskil tussen kort- en langverkope en voorbeelde van elk
- Die verskil tussen bemarking en verkope en hoe die twee by mekaar aansluit
- Die rede waarom ʼn verkoopspersoon in langtermynverkope ʼn rolin bemarking het
- Waarom strategie die belangrikste element in bemarking en langverkope is
- Die rol van die verkoopspersoon teenoor ʼn kliënteverhoudingsbestuurder
- Die rol van die voorverkope- tegniese span
- Waarom die integrasie van rolle so krities is
Strategie en besigheidsintelligensie
- Rigtinggewende besigheidsontwikkelingsmodel in langverkope
- Die betekenis van besigheids-, bemarkings- en verkoopstrategie en wat dit behels
Verkoopsinteraksies, sluiting, kontraktering en oorhandiging
- Wat die sleutelvrae in gesprekke behels
- Die metodiek in die maak van voorstelle.
- Die belangrikheid van postmortems
- Wat kontraktering behels en wat die elemente daarvan is
- Die goue reëls wat geld vir die oorhandiging van ’n kliënt aan ʼn verhoudings- en projekbestuurder
WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?
Professionele verkoopspersone wat fokus op langtermynverhoudinge met en die skep van unieke oplossings vir kliënte