Die hantering van stres in 2019: ‘n Praktiese en vars benadering

KURSUSSTATUS:

R 100

Neem hierdie kursus

Hierdie webinaar is ‘n belegging wat benut moet word.

Druk in die werksplek en ons persoonlike omgewing is nie nuut nie. Die druk neem aanhoudend toe en die intensiteit daarvan verdiep. Een van die primêre bronne van druk is onophoudelike verandering wat soos golwe vinnig op mekaar volg. Dit is nie net die golwe wat ons moet trotseer nie, maar ook onvoorspelbare sy-strome en verandering in gety. In die werklike lewe werk getye van verandering nie op ‘n vasgestelde tydskedule nie. Al wat voorspelbaar is, is die onvoorspelbaarheid van verandering.

Druk en stres is sinoniem. Om toenemende en aanhoudende stres te hanteer verg ‘n vars benadering. Hierdie webinaar bied die vars benadering aan en gee praktiese wenke om te gebruik in 2019.

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum:           26 Februarie

Tyd:                09:00 – 10:00

FORMAAT VAN KURSUS:

Webinaar

KOSTES VAN KURSUS:

Lede R50

Nie Lede R100

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

Inskakeling by S-Leer

OORSIG VAN KURSUS:

Hierdie webinaar is ‘n belegging wat benut moet word.

Druk in die werksplek en ons persoonlike omgewing is nie nuut nie. Die druk neem aanhoedend toe en die intensiteit daarvan verdiep. Een van die primêre bronne van druk is onophoudelike verandering wat soos golwe vinnig op mekaar volg. Dit is nie net die golwe wat ons moet trotseer nie, maar ook onvoorspelbare sy-strome en verandering in gety. In die werklike lewe werk getye van verandering nie op ‘n vasgestelde tydskedule nie. Al wat voorspelbaar is, is die onvoorspelbaarheid van verandering.

Druk en stres is sinoniem. Om toenemende en aanhoudende stres te hanteer verg ‘n vars benadering. Hierdie webinaar bied die vars benadering aan en gee praktiese wenke om te gebruik in 2019.

UITKOMSTE VAN KURSUS:

Die webinaar bied die volgende leer-geleenthede aan, naamlik:

  • Die vorme van druk in ons moderne tyd.
  • Hoe drukkragte ons vlakke van stres beïnvloed.
  • Die streskurwe in onvoorspelbare tye.
  • Keuses wat gemaak kan word om stres te benader.
  • Praktiese wenke om stres die hoof te bied.

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Die webinaar is vir enige persoon wat graag ‘n belegging wil maak in die ontwikkeling van self-leierskap.

BIOGRAFIE: Gerard van Hoek

Gerard spesialiseer in die opleiding en ontwikkeling van individue en spanne. Hy fokus veral op self-leierskap in tye van versnelde verandering.

Gerard het 28 jaar se ervaring in leerontwerp wat strek oor 11 industrie-sektore, in 11 lande en 4 kontinente. Hy het bewese ervaring ontwikkeling in samewerking met 13 nasionale kulture.

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status
1

Opname