Hoe om konflik, stres en verandering te bestuur

KURSUSSTATUS:
Neem hierdie kursus

Stres is nie onbekend aan enige persoon nie. Dit is met ons sedert die mens se bestaan. Ons het waarskynlik ons oorlewing as ʼn spesie te danke aan ons reaksie op stres. Maar die lewe in die 21ste eeu met al sy snelveranderende uitdagings verg doelbewuste vaardighede om staande te bly. Konflik is nooit maklik nie, maar wanneer jou stresvlakke reeds hoog is, is dit selfs moeiliker om koelkop te bly. Hierdie seminaar fokus op die effektiewe hantering van stressors, sodat konflik op ‘n positiewe wyse hanteer kan word, eerder as wat dit tot ontwrigting en swak verhoudinge in die werkplek lei.

KURSUSBENAMING:

Hoe om konflik, stres en verandering te bestuur

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum:            11 en 12 Maart 2020

Tyd:                09:00 – 16:00

KURSUSFORMAAT:

Seminaar

KOSTE VAN KURSUS:

Nie-lede:                     R4 000

Solidariteit-lede:          R2 400

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

S-leer
Kremetart Raadsaal
Solidariteit Hoofkantoor
Kloofsig
Centurion
Klik hier vir die kaart en aanwysings.

OORSIG VAN INHOUD:

Stres is nie onbekend aan enige persoon nie. Dit is met ons sedert die mens se bestaan. Ons het waarskynlik ons oorlewing as ʼn spesie te danke aan ons reaksie op stres. Maar die lewe in die 21ste eeu met al sy snelveranderende uitdagings verg doelbewuste vaardighede om staande te bly. Konflik is nooit maklik nie, maar wanneer jou stresvlakke reeds hoog is, is dit selfs moeiliker om koelkop te bly. Hierdie seminaar fokus op die effektiewe hantering van stressors, sodat konflik op ‘n positiewe wyse hanteer kan word, eerder as wat dit tot ontwrigting en swak verhoudinge in die werkplek lei.

 

KURSUSUITKOMSTE:

In hierdie kursus sal jy leer hoe om:

  • die waarde van persoonlike verskille te begryp;
  • denke wat nie jou doelwitte met betrekking tot interpersoonlike verhoudings ondersteun nie, te verander;
  • boodskappe effektief oor te dra;
  • konflik in spanverband te hanteer;
  • jou stres in toom te hou sodat dit tot positiewe resultate kan lei;
  • realistiese en volhoubare gewoontes te gebruik om jou stres produktief te bestuur;
  • te mik vir vordering, en nie perfeksie nie; en
  • jou werk en lewe sinvol te integreer.

 

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

  • Hierdie kursus is oop vir almal

 

BIOGRAFIE:

Karina de Bruin is tans die besturende direkteur van JvR Academy, ‘n maatskappy wat fokus op die ontwikkeling van gedrags- en ander vaardighede wat relevant is vir sukses in die moderne werkplek. Sy is ʼn geregistreerde voorligtingsielkundige met ʼn passie vir loopbaansielkunde. Sy was voorheen verbonde aan die Departement Sielkunde by die Universiteit van Johannesburg en het jare se praktykervaring as sielkundige. Sy publiseer gereeld artikels wat handel oor aanpassing in die hedendaagse gejaagde werksplek.

 

KURSUSKREDIETE

N.V.T

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status