Hoe om konflik, stres en verandering te bestuur

KURSUSSTATUS:

GRATIS

Neem hierdie kursus

Stres is nie onbekend aan enige persoon nie. Dit is met ons sedert die mens se bestaan. Ons het waarskynlik ons oorlewing as ʼn spesie te danke aan ons reaksie op stres. Maar die lewe in die 21ste eeu met al sy snelveranderende uitdagings verg doelbewuste vaardighede om staande te bly. Konflik is nooit maklik nie, maar wanneer jou stresvlakke reeds hoog is, is dit selfs moeiliker om koelkop te bly. Hierdie webinaar beoog om as inleiding te dien ten einde die basiese konsepte van konflik- en streshantering, asook veranderingsbestuur, uit te wys.

KURSUSBENAMING:

Hoe om konflik, stres en verandering te bestuur

 

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum:            11 Februarie 2020

Tyd:                12:00-13:00

 

KURSUSFORMAAT:

Webinaar

 

KOSTE VAN KURSUS:

Gratis

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

In die gerief van jou eie kantoor of tuis.

OORSIG VAN INHOUD:

Stres is nie onbekend aan enige persoon nie. Dit is met ons sedert die mens se bestaan. Ons het waarskynlik ons oorlewing as ʼn spesie te danke aan ons reaksie op stres. Maar die lewe in die 21ste eeu met al sy snelveranderende uitdagings verg doelbewuste vaardighede om staande te bly. Konflik is nooit maklik nie, maar wanneer jou stresvlakke reeds hoog is, is dit selfs moeiliker om koelkop te bly. Hierdie webinaar beoog om as inleiding te dien ten einde die basiese konsepte van konflik- en streshantering, asook veranderingsbestuur, uit te wys.

 

KURSUSUITKOMSTE:

In hierdie kursus sal jy leer:

  • wat die positiewe en negatiewe gevolge van stres is;
  • hoe om konflik tot jou en jou span se voordeel te gebruik, eerder as wat dit afbrekend is;
  • wat die basiese konsepte van konflikhantering is;
  • wat die elemente van streshantering is; en
  • hoe verandering ʼn impak op jou alledaagse bestaan het.

 

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

  • Hierdie kursus is oop vir almal.

 

BIOGRAFIE:

Karina de Bruin is tans die besturende direkteur van JvR Academy, ‘n maatskappy wat fokus op die ontwikkeling van gedrags- en ander vaardighede wat relevant is vir sukses in die moderne werkplek. Sy is ʼn geregistreerde voorligtingsielkundige met ʼn passie vir loopbaansielkunde. Sy was voorheen verbonde aan die Departement Sielkunde by die Universiteit van Johannesburg en het jare se praktykervaring as sielkundige. Sy publiseer gereeld artikels wat handel oor aanpassing in die hedendaagse gejaagde werksplek.

 

KURSUSKREDIETE

N.V.T

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status