Invloedryke Leierskapsontwikkelingsprogram

KURSUSSTATUS:

GRATIS

Neem hierdie kursus

Invloedryke leierskap is noodsaaklik om besighede suksesvol deur die Vierde Industriële Revolusie te lei. Die klem op spanwerk en om mense te mobiliseer om saam te werk is meer belangrik as ooit.

Die Invloedryke Leierskap-program is gebaseer op in diepte navorsing wat op wenspanne gedoen is, met ’n spesifieke fokus op die noodsaaklike eienskappe en vaardighede van die leier om ’n span tot volhoubare sukses te lei.

KURSUSBENAMING:

Invloedryke Leierskapsontwikkelingsprogram

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum:            03 Junie 2020

Tyd:                12:00 – 13:00

KURSUSFORMAAT:

Webinaar

KOSTE VAN KURSUS:

Gratis

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

In die gerief van jou eie kantoor

OORSIG VAN INHOUD:

Invloedryke leierskap is noodsaaklik om besighede suksesvol deur die Vierde Industriële Revolusie te lei. Die klem op spanwerk en om mense te mobiliseer om saam te werk is meer belangrik as ooit.

Die Invloedryke Leierskap-program is gebaseer op in diepte navorsing wat op wenspanne gedoen is, met ’n spesifieke fokus op die noodsaaklike eienskappe en vaardighede van die leier om ’n span tot volhoubare sukses te lei.

KURSUSUITKOMSTE:

Dié webinaar gaan fokus op die Invloedryke Leierskaps-model. Ons gaan vlugtig die 15 vaardighede van invloedryke leiers aanraak en gesels oor die formaat en uitkomste van die leierskapontwikkelingsprogram.

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Indien jy ’n span mense bestuur is hierdie webinaar vir jou. Dit gaan vir jou genoegsame inligting oor beide die vaardighede van invloedryke leiers sowel as die komende leierskapontwikkelingsprogram gee.

BIOGRAFIE: 

Janko Kotzé is ’n bedryfsielkundige wat as bestuurskonsultant regoor die wêreld werk. Hy spesialiseer in leierskapontwikkeling, spandinamika en die bestuur van jou talente. Hy het met groot sukses talle mense, wat insluit besigheidsleiers, Olimpiese-finaliste, Wêreldkampioene en sportspanne, gehelp om hulle doelwitte te bereik.

Hy is ’n gesogte spreker wat regoor Suid-Afrika by kongresse optree. Hy het sy meestersgraad in Bedryfsielkunde met lof aan die Universiteit van Suid-Afrika voltooi en talle verdere studies in die veld van organisasie- en prestasie-sielkunde, asook lewens- en besigheidsafrigting voltooi.

KURSUSKREDIETE

N.V.T.

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status