Gons-fees – Jou inligtingsfees vir kommunikasiepraktisyns

KURSUSSTATUS:

R 560

Neem hierdie kursus

Die gilde vir Kommunikasiepraktisyns nooi almal in die beroep uit na die Gons-fees.  Dit sal ʼn netwerkgeleentheid wees, ʼn geleentheid bied om kennis te deel en te ontvang, en kommunikasiepraktisyns die kans gun om by deskundiges kers op te steek.

Die kommunikasiebedryf is ‘n energieke, innoverende en omvattende omgewing wat ‘n wye spektrum dek. Dit word van persone in die bedryf verwag om lewenslange leerders te wees en deur hul vaardighede meesterskap in hulle veld te bereik. Werkspraktyke verander vinnig en dit raak al hoe moeiliker vir kommunikasiepraktisyns om op hoogte van nuwe tendense te bly. Die behoefte van persone wat kommunikasieverwante take moet verrig, word al hoe groter om netwerke te vorm, kennis te deel, en by deskundiges te leer.

 

KURSUSBENAMING:

Gons-fees – Jou inligtingsfees vir kommunikasiepraktisyns

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum: 11 September 2019
Tyd: 08:00 – 16:30

KURSUSFORMAAT:

Seminaar

KOSTES:

Solidariteit-lid: R336.00

Nie-lede: R560.00

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

Pretoria – Diep in die berg

929 Disselboom Street, Wapadrand, Pretoria

Klik hier vir die kaart

Program

Sessie 1: Joernalistiek  – Barnard Beukman, Redakteur – Beeld

Sessie 2: Die rol van LUISTER in die lewe van ’n kreatiewe persoon – Annie Coetzee, motiveringsspreker

Sessie 3: Impak van tegnologie op media – Freek Robinson, hoofanker van eNuus; 44 jaar ervaring in TV- en radiojoernalistiek.

Sessie 4: Bemarking in ons nuwe digitale realiteit – Nico Louw, verkoopsbestuurder vir Meltwater Afrika

Sessie 5: Die ongelooflike krag van ’n goeie storie – Mynhardt van Pletsen, Kommunikasie Argitek en Stigter van KRAFT Insights – ’n korporatiewe leer inisiatief.

UITKOMSTE:

Netwerk: Leer mense in dieselfde beroep ken en raak deel van die gilde vir kommunikasiepraktisyns
Kennis: Deel kennis met en ontvang kennis van ander mense in dieselfde beroepsrigting.
Leer: Leer nuwe vaardighede by deskundiges in jou beroep.

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Die seminaar is vir enige persoon, jonk en oud, wat ‘n loopbaan of beroep in die kommunikasiebedryf het of van voorneme is om dié beroepsrigting te volg.

Neem hierdie kursus