Kliëntediensuitnemendheid
5uit5 sterre
5ster 1
4ster 0
3ster 0
2ster 0
1ster 0

KURSUSSTATUS:

R 1100

Neem hierdie kursus

Die doel van hierdie program is om kursusgangers vertroud te maak met sleutelkonsepte en praktyke wat van toepassing is op uitnemende kliëntediens en om hulle toe te rus met die vaardighede om kliëntediensvlakke in hul afdelings te kan evalueer. Planne vir die oplossing van probleemgebiede asook planne om kliëntetalle in stand te hou diens en diens aan kliënte te verbeter, word ontwikkel.

 

KURSUSBENAMING:

Kliëntediensuitnemendheid

 

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

 

Datum:          21 Mei 2019

Tyd:                09:00 – 16:00

 

KURSUSFORMAAT:

Seminaar

 

KOSTE VAN KURSUS:

Solidariteit lede:  R660

Nie -lede:  R 1100

 

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

S-Leer

Kremetart Raadsaal

Solidariteit Hoofkantoor

Kloofsig

Centurion

Klik hier vir die kaart en aanwysings

 

OORSIG

Die doel van hierdie program is om kursusgangers vertroud te maak met sleutelkonsepte en praktyke wat van toepassing is op uitnemende kliëntediens en om hulle toe te rus met die vaardighede om kliëntediensvlakke in hul afdelings te kan evalueer. Planne vir die oplossing van probleemgebiede asook planne om kliëntetalle in stand te hou diens en diens aan kliënte te verbeter, word ontwikkel.

 

Uitkomste

  • Demonstreer begrip van kliëntverhoudingsbestuur
  • Identifiseer interne en eksterne kliënte in die waardeketting
  • Identifiseer en formuleer standaarde vir kliëntediensuitnemendheid
  • Meet die kliëntedienskultuur
  • Identifiseer momente wat kliënte lok
  • Identifiseer momente wat kliënte afskrik

 

Wie behoort dit by te woon?

Hierdie program is gemik op indiwidue wat met interne en eksterne kliënte skakel en wat poog om ʼn kliëntedienskultuur te skep. Dit sluit in:

  • Kliëntedienspersoneel
  • Eerstelinie-opsieners
  • Sosiale media beamptes
  • Eerstelinie-personeel
  • Algemene personeel
  • Bestuurders

 

BIOGRAFIE:  ENGELA DIBLEY

 

Engela Dibley is tans Adjunkhoofsekretaris: Individuele lede en ledediens by Solidariteit. Sy het 21 jaar ondervinding in die kliëntediensbedryf en ook bedryfspesifieke ervaring in die behoud van kliënte. Engela het ʼn graad in Verpleegkunde verwerf, vandaar haar passie vir spesifiek die dienservaring en diensbelewenis van kliënte. Na verdere studies in gemeenskaps- en beroepsgesondheid het sy drie jaar ʼn beroepsgesondheidskliniek bestuur en daarna in die besturende gesondheidsorg bedryf gewerk. Sy het wye ervaring in die dienssentrum- en eerstelyndiensomgewing waar sy haarself toegespits het op die vaardigheidsontwikkeling van personeel. Die ervaring en opleiding wat sy in die personeel ondersteuningbedryf ontvang het, het ʼn sterk bewustheid van die belangrikheid van interne kliëntediens by haar gekweek. Sy het landwyd opleiding gegee by maatskappye in onder andere die finansiële, IT, mynbou en mediese bedrywe.

 

KREDIETE

Sertifikaat vir bywoning word voorsien na die kursus

Neem hierdie kursus

Studentekommentare

5uit5
5ster 1
4ster 0
3ster 0
2ster 0
1ster 0
Deel jou gedagtes met ander gebruikers Lewer kommentaar op die kursus

Topstudentekommentare

  1. Teen juran op September 18, 2018
    Ek het die opleiding baie leersaam gevind.