Konflikbestuur (2 dae)

KURSUSSTATUS:

R 4 900

Neem hierdie kursus

Wie het regtig konflik nodig? Dit is ontwrigtend ongeag hoe ʼn mens dit benader. Dit beroof jou van kosbare tyd en ʼn groot deel van jou positiewe energie wat jy nodig het om ʼn harmonieuse verhouding met jou medewerkers in die werkplek te handhaaf. Of ons nou daarvan hou of nie, konflik bestaan, want almal het ʼn verskillende manier om na dinge te kyk en daarom veroorsaak teenstrydige standpunte soms dat mense bots. Gelukkig hoef konflik nie noodwendig in ʼn doodloopstraat te eindig, waar daar nie ʼn vrugbare resultaat is nie. Indien konflik behoorlik bestuur word, kan dit gesonde groei, en professionele- en besigheidsontwikkeling bevorder. Ons konflikbestuurkursus bied praktiese wenke vir professionele persone wat daarop gemik is om konflik by die werk te bestuur en om ʼn effektiewe strategie om konflik te bestuur, bekend te stel. Hierdie kursus sal jou help om konflik deur die lens van ʼn leergeleentheid te beskou, te groei en aan dapper gesprekke deel te neem om kommunikasie en jouself te bemeester.

 

KURSUS BENAMING:

Konflikbestuur

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum:            08 en 09 April 2019

Tyd:                09:00 – 16:30

 

FORMAAT VAN KURSUS:

Tweedag seminaar

KOSTES VAN KURSUS:

Lede:  R3 266

Nie-lede:  R4 900

 

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

S-Leer

Kremetart raadsaal

Solidariteit Hoofkantoor

Kloofsig

Centurion

Sien die kaart hier

 

OORSIG VAN KURSUS:

 

Wie het regtig konflik nodig? Dit is ontwrigtend ongeag hoe ʼn mens dit benader. Dit beroof jou van kosbare tyd en ʼn groot deel van jou positiewe energie wat jy nodig het om ʼn harmonieuse verhouding met jou medewerkers in die werkplek te handhaaf. Of ons nou daarvan hou of nie, konflik bestaan, want almal het ʼn verskillende manier om na dinge te kyk en daarom veroorsaak teenstrydige standpunte soms dat mense bots. Gelukkig hoef konflik nie noodwendig in ʼn doodloopstraat te eindig, waar daar nie ʼn vrugbare resultaat is nie. Indien konflik behoorlik bestuur word, kan dit gesonde groei, en professionele- en besigheidsontwikkeling bevorder. Ons konflikbestuurkursus bied praktiese wenke vir professionele persone wat daarop gemik is om konflik by die werk te bestuur en om ʼn effektiewe strategie om konflik te bestuur, bekend te stel. Hierdie kursus sal jou help om konflik deur die lens van ʼn leergeleentheid te beskou, te groei en aan dapper gesprekke deel te neem om kommunikasie en jouself te bemeester.

 

UITKOMSTE VAN KURSUS:

  • Verstaan die sielkunde van konflik.
  • Verstaan die sielkundige impak van ego en persoonlikheidstipes.
  • Identifiseer die verskillende tipes en oorsake van konflik in die werkplek.
  • Transformeer konflik vir ʼn positiewe uitkoms.
  • Werk saam met verskeie aandeelhouers om ʼn wen-wen-uitkoms te bereik.
  • Ontwikkel die vermoë om nie weg te hardloop wanneer konflik voorkom nie, om konflik sonder twyfel op te los, en om ʼn sterker meer onafhanklike individu te word.
  • Kommunikeer beter deur konflik in die alledaagse lewe.
  • Pas toe wat jy in die werkplek leer.
  • Leer en verstaan ander sienings en vertolkings. Alles is nie swart of wit nie en leer hoe om by ander betrokke te raak en hulle te help.
  • Bly in beheer van jouself, jou doel en jou emosionele energie gedurende enige gesprek in konflikbestuur.

 

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

 

  • Lynbestuurders
  • Spanleiers
  • Individue wat met kliënte en belangegroepe kontak het
  • Mense wat nuut is in leierskap en bestuursrolle

 

 

BIOGRAFIE:  LOUISE BEDEMAN

Louise is ʼn passievolle konsultant wat vir die afgelope sewe jaar betrokke is by die opleiding en fasilitering van verskeie projekbestuurs- en leierskapkursusse, asook van kursusse in besigheidsvaardighede. Sy het uitgebreide ondervinding in projekbestuur en leierskap en beskik oor meer as 15 jaar se ondervinding in die bestuur van groot projekte en van projekspanne. Sy was daarby betrokke om projek- en bestuursprogramme vir ʼn hele aantal organisasies op ʼn doelgemaakte manier te ontwerp en te ontwikkel. Louise was betrokke by en het verskeie aanstellings gelei om projekbestuursassesserings vir haar kliënte te doen en ontwikkelingsprogramme vir hulle aan te bied.

 

KREDIETE VAN KURSUS

Geen

 

Neem hierdie kursus