Kreatiwiteit en innovasie

KURSUSSTATUS:

GRATIS

Neem hierdie kursus

Hierdie kursus gaan jou toerus om kreatiwiteit en innovasie beter te verstaan. Kom leer hoe om die mees basiese model van kreatiewe probleemoplossing te gebruik en resultate te kry.

KURSUSBENAMING:

Kreatiwiteit en innovasie

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum: 9 Julie 2020

Tyd: 12:00 tot 13:00

KURSUSFORMAAT:

Webinaar

KOSTE VAN KURSUS:

Gratis

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

In die gerief van jou eie kantoor of huis

 

OORSIG VAN INHOUD:

Definisies van kreatiwiteit van toeka tot nou;

Die nodigheid van spesifieke probleemsituasies om kreatiwiteit meer effektief te maak;

Eienskappe van ʼn persoon wat vasbeslote is om ʼn probleem kreatief op te los;

Die vyf basiese stappe om probleme kreatief op te los;

Enkele voorbeelde om kreatiewe probleemoplossings te illustreer;

Wat innovasie is en waarom kreatiewe probleemoplossingsmodelle nodig is om vinniger en meer innoverend te leef.

 

KURSUSUITKOMSTE:

  • Verstaan wat kreatiwiteit en innovasie is en beteken;
  • Verstaan hoe om die mees basiese model van kreatiewe probleemoplossing te gebruik en resultate te kry;
  • Beter begrip oor die betekenis van innovasie;
  • ‘n Helder besef dat presteerders die brein en sy talente beter moet verstaan en metodes kan gebruik om kreatief en innoverend te leef;
  • Nuwe insigte oor waarom kreatiwiteit noodsaaklik is en hoe om innoverende denke gereeld, selfs in die daaglikse lewe, toe te pas en daarby te BAAT!

 

BIOGRAFIE: 

Annie Coetzee is een van die drie Stigterslede van die Creativity Foundation of South Africa en bied reeds sedert 1995 kreatiwiteitswerkswinkels aan as verteenwoordiger en stigter van die organisasie – in Suid-Afrika en ook by universiteite in Europa en die VSA.

Sedert 1998 bestuur sy haar eie maatskappy, Creative Brain Management in samewerking met Die Kreatiwiteitstigting, met ʼn sterk fokus op kreatiwiteit en innovasie in die werkplek.  As passievolle navorser, aanbieder en skrywer oor hierdie temas, het haar eerste boek ook oor kreatiwiteit gehandel, naamlik: Kreatief…JY! (LAPA Uitgewers) in 1997.

Sy begin haar loopbaan as onderwyser in Engels en Musiek (BA Unisa), studeer verder en beklee ’n lektrisepos in Sielkunde (BEd Stellenbosch), en na enkele studiereise oorsee bekom sy ʼn pos as navorser by Unisa, gefokus op die ontwikkelende volwassene, (twee jaar se studie in Navorsingsmetodiek – Pretoria MEd)  Sy is die skrywer van tien selfbemagtigingsboeke, talle opvoedkundige artikels vir saketydskrifte en is gewild as spreker en opleier op die gebied van selfbestuur, uitmuntende kommunikasie en leierskap en die emosioneel-intelligente volwassene wat altyd kreatiwiteit in ag neem en dit by elke situasie of werksessie inbring.

Sy verwerf ook verskeie internasionaal erkende kwalifikasies wat haar as professionele en persoonlike lewensafrigter kwalifiseer, naamlik in neurolinguistiese programmering, Neethling Breinprofilering, How to Orchestrate Small Group Workshops (DUKE Corporate Education), CPS – Creative Problem Solving (State University Buffalo) en Investment in Excellence (The Pacific Institute).

Wat kreatiwiteit betref, het Annie talle toekennings ontvang, onder meer die Beyonder-toekenning wat haar erken as een van die talentvolste aanbieders en bydraers tot die ontwikkeling van kreatiwiteit, nasionaal sowel as internasionaal.

KURSUSKREDIETE

N.V.T

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status