Om te oorleef in ‘n kompeterende werksomgewing, is dit uiters noodsaaklik om aan die voorpunt van innovering te staan. Om kapasiteit vir innovering te bou, moet sake-ondernemings die regte kultuur, prosesse, vergoedingstruktuur en soveel meer hê. ‘n Mens se vermoë om entrepreneuries binne ‘n organisasie op te tree, het ‘n direkte impak op die innovering binne en groei van ‘n organisasie. Die moderne talentoorlog behoort dus daarop te fokus om entrepreneuriese talent te identifiseer en betrek by die organisasie. Mense met ‘n entrepreneuriese ingesteldheid en talent dink anders en tree anders op. Hulle floreer in onseker situasies, daag konvensionele wysheid uit, en sien geleenthede raak wat ander nie noodwendig opmerk nie. Leiers en werknemers wat kreatief en proaktief is, wat geleenthede raaksien, met visie vir vooruitgang en ontwikkeling maak ‘n noemenswaardige bydrae tot die groei en ontwikkeling van enige organisasie.
KURSUS BENAMING:
Innovering: Die geheim tot sukses
FORMAAT VAN KURSUS:
Webinaar
KOSTES VAN KURSUS:
Gratis
PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:
In die gerief van jou eie kantoor, kry gerus ‘n lekker koppie koffie. Ons sien jou daar.
OORSIG VAN KURSUS:
Om te oorleef in ‘n kompeterende werksomgewing, is dit uiters noodsaaklik om aan die voorpunt van innovering te staan. Om kapasiteit vir innovering te bou, moet sake-ondernemings die regte kultuur, prosesse, vergoedingstruktuur en soveel meer hê. ‘n Mens se vermoë om entrepreneuries binne ‘n organisasie op te tree, het ‘n direkte impak op die innovering binne en groei van ‘n organisasie. Die moderne talentoorlog behoort dus daarop te fokus om entrepreneuriese talent te identifiseer en betrek by die organisasie. Mense met ‘n entrepreneuriese ingesteldheid en talent dink anders en tree anders op. Hulle floreer in onseker situasies, daag konvensionele wysheid uit, en sien geleenthede raak wat ander nie noodwendig opmerk nie. Leiers en werknemers wat kreatief en proaktief is, wat geleenthede raaksien, met visie vir vooruitgang en ontwikkeling maak ‘n noemenswaardige bydrae tot die groei en ontwikkeling van enige organisasie.
UITKOMSTE VAN KURSUS:
Tydens hierdie webinaar sal daar op die volgende gefokus word:
- Die impak van innovering en verandering op die individu
- Die impak van innovering op die organisasie
- Tipiese strategieë vir die implimentering van innovering
- Geheime van innoverende werksomgewings
- Hoe om innoverende individue te identifiseer en behou
WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?
Leiers, bestuurders en persone binne die veld van menslike hulpbronontwikkeling van enige onderneming wat graag meer wil leer oor die identifisering en ontwikkeling van talent wat kreatiwiteit en innovering binne die organisasie kan bevorder.
Aanbieder:
Karina de Bruin
KREDIETE VAN KURSUS
Slegs sertifikaat word toegeken