Jy is sterk op pad na die halfpadmerk! Video 4 gaan oor veldjoernalistiek, ’n beroep wat oor meer as net stories uitsnuffel gaan. Mia Slabbert, gesoute joernalis deel met jou haar wenke oor wat dit verg om ’n suksesvolle joernalis te wees, en hoe jy ware stories met integriteit en sensitiwiteit met die wêreld kan deel.
Mia is ʼn gebore veldjoernalis met ʼn groot liefde vir mense en hulle stories. Met jare se ondervinding as joernalis in verskeie mediums en op talle platforms maak sy seker dat die ware storie met deernis en die nodige empatie vertel word. Vir haar is ʼn storie nie net woorde op ʼn stuk papier nie; dit is ook die mense wat daagliks daarmee saamleef.