Jy doen goed sover! In hierdie video gaan jy leer oor gehooranalise, inhoudbeplanning, die oordrag van ʼn boodskap sowel as nie-verbale optrede, sodat jy mense kan beïndruk wanneer jy met hulle praat en ʼn verskil in hulle lewens sowel as in jou onderneming kan maak.
Meer oor die aanbieder:
GP bring positiewe energie na enige opleiding of aangeleentheid vir besigheidsbeplanning. Hy het 23 jaar ondervinding as spreker en konsultant, en hy het al in meer as 11 lande sy kennis met diverse gehore gedeel. Sy kennis is gegrond op sy akademiese opleiding in kommunikasiewetenskap en hoër onderwys.