Kuns van oorreding

KURSUSSTATUS:

GRATIS

Neem hierdie kursus

Dit is baie opwindend om ‘n super-atleet soos Usain Bolt in aksie te sien. Dit skep energie en opgewondenheid. Hy trek skares van oral wat in afwagting sit om hom te sien presteer.

Net so is dit ook bevredigend om persone met skerp oorredingsvaardighede in aksie te sien. Dit blyk asof sulke persone presies weet wat om te sê en hoe om dit oor te dra. Hulle tydsberekening is reg. Woorde en sinne vloei spontaan. Die indruk op die gehoor of luisteraars is dat die rede met selfvertroue en kundigheid gevoer word. Die uitkoms is dus ‘n gehoor wat oorreed is.

Dit is ‘n vals oortuiging of aanname dat net sekere tipes mense vaardige oorreders kan wees. “Party mense is nie praters nie” lui die verskoning. Die bekende skrywer en opvoedkundige, Ralph Waldo Emerson, gee die volgende perspektief: “Die meerderheid van uitstaande sprekers [en oorreders] begin as swak oorreders.”

Die kuns van oorreding is gedrag wat aangeleer kan word. Dit verg oefening soos enige sport of stokperdjie. “Hoe meer jy oefen hoe meer geluk is aan jou kant,” het die die golfmeester, Gary Player, gesê.

Hierdie webinaar bied praktiese gereedskap om oorredingsvaardighede te ontwikkel.

KURSUSBENAMING:

Kuns van oorreding

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum:           1 Augustus 2019

Tyd:                13:00 – 14:00

FORMAAT VAN KURSUS:

Webinaar

KOSTES VAN KURSUS:

Gratis

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

In die gerief van jou eie kantoor of tuis.

 

OORSIG VAN KURSUS:

Dit is baie opwindend om ‘n super-atleet soos Usain Bolt in aksie te sien. Dit skep energie en opgewondenheid. Hy trek skares van oral wat in afwagting sit om hom te sien presteer.

Net so is dit ook bevredigend om persone met skerp oorredingsvaardighede in aksie te sien. Dit blyk asof sulke persone presies weet wat om te sê en hoe om dit oor te dra. Hulle tydsberekening is reg. Woorde en sinne vloei spontaan. Die indruk op die gehoor of luisteraars is dat die rede met selfvertroue en kundigheid gevoer word. Die uitkoms is dus ‘n gehoor wat oorreed is.

Dit is ‘n vals oortuiging of aanname dat net sekere tipes mense vaardige oorreders kan wees. “Party mense is nie praters nie” lui die verskoning. Die bekende skrywer en opvoedkundige, Ralph Waldo Emerson, gee die volgende perspektief: “Die meerderheid van uitstaande sprekers [en oorreders] begin as swak oorreders.”

Die kuns van oorreding is gedrag wat aangeleer kan word. Dit verg oefening soos enige sport of stokperdjie. “Hoe meer jy oefen hoe meer geluk is aan jou kant,” het die die golfmeester, Gary Player, gesê.

Hierdie webinaar bied praktiese gereedskap om oorredingsvaardighede te ontwikkel.

 

UITKOMSTE VAN WEBINAAR:

Die webinaar bied die volgende leer geleenthede, naamlik:

  • Die gedragsvaardighede waaruit oorreding bestaan.
  • Verkenning van die 10 sleutels (geheime) wat maak dat mense graag na jou sal luister.
  • Bespreking van ‘n praktiese oefenplan wat top oorreders volg.

 

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Die webinaar is vir enige persoon wat graag ‘n belegging wil maak in die ontwikkeling van sy of haar oorredingsvaardighede.

BIOGRAFIE: Gerard van Hoek

Gerard spesialiseer in die opleiding en ontwikkeling van individue en spanne. Hy fokus veral op beïnvloeding en self-leierskap in tye van snelle verandering.

Gerard het 28 jaar se ervaring in leerontwerp wat strek oor 11 sektore in die industrie, in 11 lande en 4 kontinente. Hy het bewese ervaring in persoonlike- en leierskapsontwikkeling in samewerking met 13 nasionale kulture.

 

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status
1

Opname