Laat jouself beter geld deur emosionele intelligensie

KURSUSSTATUS:

GRATIS

Neem hierdie kursus

Sukkel jy om jou emosies te beheer en staan oneffektiewe interpersoonlike verhoudings in die pad van jou sukses? Deur jou emosionele intelligensie op te skerp, kan jy makliker jou potensiaal bereik. Emosionele intelligensie kan ontwikkel word, maar net as jy die besluit neem om dit te doen! Die eerste stap is om te leer wat emosionele intelligensie is en hoe dit die werking van jou denke en gevoelens beïvloed. Sodoende kan jy vaardighede aanleer om meer bewus van jouself te word, jou emosies te bestuur, ander mense se emosies beter verstaan, en leer hoe om sterker verhoudings te bou.

 

KURSUSBENAMING:

Laat jouself beter geld deur emosionele intelligensie

 

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum:            3 Junie 2020

Tyd:                10:00–11:00

KURSUSFORMAAT:

Webinaar

KOSTE VAN KURSUS:

Gratis

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

In die gerief van jou eie kantoor of tuis.

OORSIG VAN INHOUD:

Sukkel jy om jou emosies te beheer en staan oneffektiewe interpersoonlike verhoudings in die pad van jou sukses? Deur jou emosionele intelligensie op te skerp, kan jy makliker jou potensiaal bereik. Emosionele intelligensie kan ontwikkel word, maar net as jy die besluit neem om dit te doen! Die eerste stap is om te leer wat emosionele intelligensie is en hoe dit die werking van jou denke en gevoelens beïvloed. Sodoende kan jy vaardighede aanleer om meer bewus van jouself te word, jou emosies te bestuur, ander mense se emosies beter verstaan, en leer hoe om sterker verhoudings te bou.

 

KURSUSUITKOMSTE:

Na afloop van die webinaar sal jy:

  • verstaan wat emosionele intelligensie is;
  • verstaan hoe om jou emosionele intelligensie te ontwikkel;
  • insig verkry in die voordele van effektiewe emosionele intelligensie;
  • verstaan hoe emosionele intelligensie jou interaksies meet ander kan bevorder (of kniehalter); en
  • ʼn ingeligte besluit kan neem of jy jou emosionele intelligensie wil verhoog.

 

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Hierdie kursus is oop vir enige persoon wat graag sy/haar persoonlike en interpersoonlike vaardighede in die werkplek, tuis, of sosiaal wil verbeter.

 

BIOGRAFIE:

Nicola Keeve is ʼn senior fasiliteerder by JvR Academy. Sy is reeds vir die afgelope 19 jaar as kliniese sielkundige by die Professionele Raad vir Gesondheidsberoepe geregistreer. Sy het wye ervaring in organisatoriese omgewings waar sy haarself vir die afgelope paar jare toespits op vaardigheidsontwikkeling. Nicola fokus daarop om individue en groepe in die werkplek toe te rus met meer as net tegniese vaardighede.

Nicola het ook wye ervaring in die veld van leierskapsontwikkeling, diversiteitsopleiding, mentorskap en bestuursafrigting (coaching), talentbestuur en -ontwikkeling, organisasie-ontwerp en -ontwikkeling, takseersentrums, sowel as veranderingsbestuur. Haar ervaring strek oor verskeie omgewings heen, wat insluit die openbare sektor, mynbou en die vervaardigingsbedryf, bankwese, kleinhandel en die landbousektor.

 

KURSUSKREDIETE

Geen

 

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status