DATUM EN DUUR VAN KURSUS
Op ʼn tyd wat vir jou geleë is en teen jou eie tempo
KURSUSFORMAAT:
E-leer
KOSTE VAN KURSUS:
Gratis vir Solidariteit-lede
R170 vir nie-lede
PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:
Aanlyn
OORSIG VAN INHOUD:
Hierdie opleiding sal jou as mentor bemagtig om uitnemend te wees. Mentors het ʼn passie om hul kennis en vaardighede met ʼn mentee te deel en om sodoende by te dra tot die ontwikkeling van die mentee om sukses in sy/haar beroep te behaal.
Die opleiding dek onder meer:
- Die oorsprong van mentorskap
- Wat is mentorskap?
- Wat is die voordele van mentorskap vir sowel die mentor as die mentee?
- Die vestiging van gesonde vetrouensverhoudinge
- Die verantwoordelikhede van die mentor
- Die verskil tussen mentorskap en afrigting
- Slyp jou afrigtingsvaardighede
Mentors word aangemoedig om hulself na afloop van die opleiding beskikbaar te stel om as mentors op te tree. So help jy jongmense om ʼn sukses van hul loopbane te maak en jou beroep te bevorder. Besoek www.mentorskap.co.za en registreer as mentor.
WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?
Persone wat tans as mentors optree, sowel as persone wat dit oorweeg om hulself as mentors beskikbaar te stel.
Die kursus is leersaam. Elke afdeling is goed uiteengesit met oulike uitleg. Ek het die kursus geniet.