Neurobiologie van emosionele regulering in kinders

KURSUSSTATUS:

R 600

Neem hierdie kursus

Die kursus is daarop gemik om maatskaplike werkers en enige belangstellendes toe te rus met basiese kennis en begrip vir die neurobiologiese en fisiologiese prosesse wat ’n rol speel in die ontstaan en gevolglike regulering van emosies. Gesonde ontwikkeling van emosionele regulering by kinders as ’n uitvloeisel van die sekure binding word bespreek, wat insluit fases in die ontwikkeling van emosionele regulering. Die kursus fokus verder daarop om kursusgangers toe te rus met praktiese vaardighede en tegnieke om ouers en kinders by te staan in die ontwikkeling van emosionele reguleringsvaardighede by kinders.

KURSUSBENAMING:

Neurobiologie van emosionele regulering in kinders

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum: 31 Oktober 2019
Tyd: 8:30 vir 9:00 tot 13:00

KURSUSFORMAAT:
Seminaar

KOSTE VAN KURSUS:
Solidariteit-lede: R360
Solidariteit-nie-lede: R 600

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:
S-leer
Kremetart Raadsaal
Solidariteit Hoofkantoor
Kloofsig
Centurion
Klik hier vir die kaart en aanwysings.

KURSUSUITKOMSTE:
Om kursusgangers toe te rus met:
a) basiese kennis en begrip vir die neurobiologiese en fisiologiese prosesse wat aanleiding gee to verskillende emosies;
b) kennis en insig in die fases van die ontwikkeling van emosionele regulering by kinders en die rol van sekure binding hierin;
c) vaardighede in die proses om emosionele regulering vir kinders aan te leer;
d) ontwikkeling van insig in die rol van ouers as ko-terapeute in die fasilitering van emosionele reguleringsvaardighede by kinders; en
e) met praktiese vaardighede en tegnieke in emosionele regulering.

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?
Die seminaar is gerig op maatskaplike werkers wat binne die veld van kinder- en gesinsorg werk, maar ook dié in privaat praktyk wat terapeutiese- en ondersteuningsdienste aan kinders lewer.

BIOGRAFIE:


Dr Louise Aucamp is ’n geregistreerde maatskaplike werker met 23 jaar ervaring in die lewering van assessering- en terapeutiesedienste aan kinders en gesinne. Dr Aucamp het ’n BA (MW) graad, ’n Meestersgraad in Spelterapie (Cum Laude) en ’n PhD in Maatskaplike Werk. Vorige akademiese aanstellings van Dr Aucamp was by die Universiteit van die Noord Wes (Potchefstroom Kampus) waar sy die Meestersgraad in Forensiese Maatskaplike Werk aangebied het.
Sy is die stigter en direkteur van FACT (Forensic Assessment Consultation Training Pty Ltd.) wat ’n verskeidenheid van kursusse in die veld van sosio-emosionele assessering, binding, terapie en forensiese assesserings ontwikkel en aanbied.

KURSUSKREDIETE
Die kursus is geregistreer by SACSSP vir 6 CPD punte, CPD-nommer 91/19

Neem hierdie kursus