Noodsaaklike vaardighede vir kantoorpraktisyns

KURSUSSTATUS:

R 1500

Neem hierdie kursus

KURSUSBENAMING:
Noodsaaklike vaardighede vir kantoorpraktisyns

DATUM EN DUUR VAN KURSUS
Februarie 2021 – September 2021
Een module per maand

KOSTE VAN KURSUS:
Hierdie kursus kan as ’n geheel, of per module aangekoop word.

Let wel: Na afloop van voltooiing van die kursus sal daar op die sertifikaat aangedui word watter modules voltooi is.
R1 500 vir al 8 modules vir nie-lede

R 900 vir al 8 modules vir lede.

Die kursus kan ook per module aangekoop word, teen R250 vir nie-lede, en R150 vir lede. Indien jy daarin belangstel om slegs sekere modules aan te koop, kan jy ons gerus kontak by navrae@s-leer.co.za

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

Die kursus bestaan uit verskeie komponente wat strek van e-leer, webinare tot seminare.

OORSIG VAN INHOUD:
Kantoorpraktisyns wat hierdie kursus van agt modules voltooi sal ’n wye spektrum van kennis opdoen, wat onder andere insluit, kennis van ’n Microsoft-pakket, sagte vaardighede en opleiding in dienslewering, produktiwiteit en ander administratiewe take. Kantoorpraktisyns wat die kursus voltooi sal ook ’n sertifikaat vir elke module wat voltooi is, ontvang.

KURSUSUITKOMSTE:
Die modules lyk as volg:

Module 1: Skop af met ’n omvattende Microsoft-aanbieding waar jy Microsoft Word, Excel en PowerPoint gaan baasraak. Die aanbod vind plaas op ’n e-leer-platform en jy kan dit alles in die gemak van jou kantoor of huis voltooi.

Module 2: Wees ’n kantoorkampioen-afskopfunksie. Woon dié netwerkgeleentheid by en ontvang jou eerste opleiding in persoonlikheidstipes aangebied deur Lynette Beer. Deur hierdie geleentheid by te woon leer jy nie net jousélf beter ken nie, maar ook jou bestuurder en die verskillende persoonlikhede wat jy in die kantoor mag aantref. Leer so om almal te verstaan en begrip te hê vir ander se persoonlikhede.

Module 3: Doen die e-leer-kursus oor Netiket. Die module sal aan jou die moets en moenies verduidelik wanneer dit kom by e-poskommunikasie.

Module 4: Emosionele intelligensie en konflikbestuur. Voltooi die e-leer-komponente aan die begin van die maand en woon die webinaar, wat een uur lank duur, aan die einde van die maand by.

Module 5: Kliëntediensuitnemendheid. Hierdie module verskaf aan jou 13 krediete op ’n NQF-vlak 4 aan in twee eenheidstandaarde. Hier gaan van jou verwag word om ’n drie-dag seminaar by te woon en ’n opdrag in te dien vir assessering.

Module 6: Produktiwiteit en tydsbestuur. Leer hoe om Outlook effektief te bestuur en sodoende jou tyd ook beter te bestuur.

Module 7: Sakelys en notule opstelling. Werk self deur die e-leer-komponente en woon die webinaar in by.

Module 8: Professionele teenwoordigheid. Leer meer oor jou eie professionele teenwoordigheid en jou gedrag in die werkplek. Jy is gewoonlik die eerste indruk wat iemand van die maatskappy kry. Jy het nooit ’n tweede kans om ’n eerste indruk te maak nie.

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?
Enige persoon in die gilde vir kantoorpraktisyns. Dit sluit ook enige iemand in die volgende beroepe in:
• Sekretaresses
• Persoonlike assistente
• Administratiewe personeel

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status
1

Microsoft Word: Basies tot Gevorderd

2

Microsoft Excel: Basies tot Gevorderd

Ratings and Reviews

0.0
Avg. Rating
0 Ratings
5
0
4
0
3
0
2
0
1
0
What's your experience? We'd love to know!
No Reviews Found!
Show more reviews
What's your experience? We'd love to know!