Onbillike arbeidspraktyke

KURSUSSTATUS:
Neem hierdie kursus

Tydens hierdie seminaar gaan kursusgangers leer oor onbillike arbeidspraktyke soos vervat in die Wet op Arbeidsverhoudinge. Kursusgangers gaan leer oor die verskillende tipes arbeidspraktyke met verwysing na regspraak.

KURSUSBENAMING:

Onbillike arbeidspraktyke

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum: 29 Julie 2020

Tyd: 09:00 tot 15:00

KURSUSFORMAAT:

Seminaar

KOSTE VAN KURSUS:

Solidariteit-lede: R1 200,00

Nie-lede: R2 000,00

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

S-leer

Solidariteit Hoofkantoor

Kremetart Raadsaal

H.v. D.F. Malan & Eendrachtstraat, Kloofsig

Centurion

OORSIG VAN INHOUD:

Tydens hierdie seminaar gaan kursusgangers leer oor onbillike arbeidspraktyke soos vervat in die Wet op Arbeidsverhoudinge. Kursusgangers gaan leer oor die verskillende tipes arbeidspraktyke met verwysing na regspraak.

KURSUSUITKOMSTE:

  1. Verstaan wat is ’n onbillike arbeidspraktyk.
  2. Verstaan die verskillende tipe vorme wat onbillike arbeidspraktyke kan aanneem.
  3. Verstaan die remedies vir onbillike arbeidspraktyke.

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Enige werknemer wat daarin belangstel om hul kennis in die veld te verbreed; arbeidsregadviseurs; vakbondbeamptes en -verteenwoordigers en personeel wat in die menslike hulpbronne omgewing werk.

 

BIOGRAFIE: 

Die seminaar word deur Mynie Kriek, ’n arbeidsreg fasiliteerder verbonde aan S-leer, aangebied. Sy het haar regsgraad (LLB) in 2010 verwerf en haar Meestersgraad (Kollektiewe Arbeidsreg) in 2018, beide aan die Universiteit van Pretoria. Mynie is in 2012 toegelaat as prokureur, en het sedert 2014 tot Julie 2019 in Solidariteit se Regsafdeling as litigant gepraktiseer.

 

KURSUSKREDIETE

Geen.

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status