Onderhandelingsvaardighede (2 dae)

KURSUSSTATUS:

R 4 900

Neem hierdie kursus

Is ʼn onderhandeling suksesvol as jy “wen” ten koste van jou teenstander? Stel jouself voor, ʼn suksesvolle onderhandelingsproses sonder dat jou teenstander soos ʼn verloorder voel. In hierdie situasie het julle albei ʼn goeie ooreenkoms bereik en die grondslag vir ʼn langtermynverhouding gelê.

In hierdie kursus wat oor twee dae strek, sal jy vaardighede ontwikkel wat jy nodig mag kry om doeltreffend te kan onderhandel. Jy sal leer hoe om in ʼn aantal verskillende situasies te onderhandel. Mense verkry beheer oor onderhandelinge deur hul vermoë om die toestande te analiseer en deur deeglike voorbereiding vir die situasie te doen.

KURSUS BENAMING:

Onderhandelingsvaardighede

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum:           06 – 07 Maart 2019

Tyd:                09:00 – 16:30

 

FORMAAT VAN KURSUS:

2-dae-seminaar

 

KOSTE VAN KURSUS:

Lede:  R3 266

Nie-lede:  R4 900

 

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

S-Leer

Kremetart-raadsaal

Solidariteit Hoofkantoor

Kloofsig

Centurion

Sien die kaart hier

 

OORSIG VAN KURSUS:

Is ʼn onderhandeling suksesvol as jy “wen” ten koste van jou teenstander? Stel jouself voor, ʼn suksesvolle onderhandelingsproses sonder dat jou teenstander soos ʼn verloorder voel. In hierdie situasie het julle albei ʼn goeie ooreenkoms bereik en die grondslag vir ʼn langtermynverhouding gelê.

In hierdie kursus wat oor twee dae strek, sal jy vaardighede ontwikkel wat jy nodig mag kry om doeltreffend te kan onderhandel. Jy sal leer hoe om in ʼn aantal verskillende situasies te onderhandel. Mense verkry beheer oor onderhandelinge deur hul vermoë om die toestande te analiseer en deur deeglike voorbereiding vir die situasie te doen.

Hierdie kursus sal jou toerus met inligting oor hoe om die algemeenste slaggate in onderhandelinge te vermy. Jy sal praktiese wenke ontvang, byvoorbeeld wanneer om die inisiatief te neem, hoe om ʼn onbillike aanbod te hanteer, hoe om pouses te benut, en hoe om verskillende tegnieke te gebruik om mense te beïnvloed.

 

UITKOMSTE VAN KURSUS:

Na afloop van die kursus sal jy:

  • jou vermoë verbeter om die situasie waarin jy jouself bevind, beter te lees en te verstaan;
  • relevante doelwitte kan stel en suksesvolle onderhandelingstrategieë kan kies;
  • weet hoe om ʼn onderhandeling só te struktureer deur ʼn buigsame houding te ontwikkel, dat jy op die ou einde goeie resultate sal behaal, waar die uitkoms ʼn sterk motivering sal wees vir beide partye wat betrokke is om die ooreenkoms met ʼn hoë vlak van gehalte uit te voer;
  • die proses verstaan, verskillende fases kan identifiseer en die kennis hê om die uitkoms van die onderhandeling te beïnvloed;
  • ʼn wye verskeidenheid wenke en gereedskap ontvang; en
  • jou onderhandelingsvermoë oefen en verbeter deur jou deelname aan ʼn aantal praktiese oefeninge.

 

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

 

Hierdie kursus is gemik op individue wat betrokke is by onderhandelinge in die werkplek of in jou persoonlike lewe.

 

BIOGRAFIE:  LOUISE BEDEMAN

Louise is ʼn passievolle konsultant wat reeds die afgelope sewe jaar betrokke is by die opleiding en fasilitering van verskeie projekbestuurs- en leierskapkursusse, asook by kursusse in besigheidsvaardighede. Sy het uitgebreide ondervinding in projekbestuur en leierskap en beskik oor meer as 15 jaar se ondervinding in die bestuur van groot projekte en van projekspanne.  Sy was daarby betrokke om projek- en bestuursprogramme vir ʼn hele aantal organisasies op ʼn doelgemaakte manier te ontwerp en te ontwikkel. Louise was betrokke by en het verskeie aanstellings gelei om projekbestuursassesserings vir haar kliënte te doen en ontwikkelingsprogramme vir hulle aan te bied.

 

 

KREDIETE VAN KURSUS

Geen

 

 

Neem hierdie kursus