In hierdie seminaar gaan jy meer leer oor die teorie van saak-identifisering, wat die volgende insluit: die neem van instruksies, feite-analise en regsnavorsing; die teorie van die opstel van funderende pleitstukke in aksie- en mosieverrigtinge; die opstel van antwoordende pleitstukke in aksie- en mosieverrigtinge; die rol van repliek in mosieverrigtinge; tegniese vereistes vir pleitstukke in die arbeidshof met verwysing na reëls en praktyksdirektiewe; skryftegniek en eenvoudige taalgebruik; oorredende skryftegniek; praktiese saakstelling en praktiese opstel van beëdigde verklarings.
KURSUSBENAMING
Opstelwerk
DATUM EN DUUR VAN KURSUS
Twee dae
16 en 17 Januarie 2020
KURSUSFORMAAT
Interaktief met ‘n praktiese element
KOSTE VAN KURSUS
Nie Solidariteit lede R 3 700 p/p
Solidariteit lede R 2 220 p/p
Middagetes en verversings ingesluit.
PLEK WAAR KURSUS AANGEBIED WORD
S-leer
Kremetart Raadsaal
Solidariteit Hoofkantoor
Kloofsig
Centurion
Klik hier vir die kaart en aanwysings.
OORSIG OOR INHOUD
Die teorie van saak-identifisering, insluitende die neem van instruksies, feite-analise en regsnavorsing; die teorie van die opstel van funderende pleitstukke in aksie- en mosieverrigtinge; die opstel van antwoordende pleitstukke in aksie- en mosieverrigtinge; die rol van repliek in mosieverrigtinge; tegniese vereistes vir pleitstukke in die arbeidshof met verwysing na reëls en praktyksdirektiewe; skryftegniek en eenvoudige taalgebruik; oorredende skryftegniek; praktiese saakstelling en praktiese opstel van beëdigde verklarings
KURSUSUITKOMSTE
- Leer wat die rol van konsultasie en instruksie in effektiewe saakstelling behels
- Verstaan die rol van regspraak-analise in die opstel van stukke
- Leer pleittegnieke en basiese beginsels aan
- Verstaan die tegniese vereistes vir pleitstukke
- Stel jou eie stukke op sonder die gebruik van presedente
- Skryf op oorredende en effektiewe wyse
- Integreer opstel-beginsels vir saakstelling met oorredende skryfwerk soos in hoofde van betoog
WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?
Kandidaatprokureurs, prokureurs, advokate, vakbondamptenare en verteenwoordigers van werkgewersorganisasies wat hul eie opstelwerk vir arbeidshofaangeleenthede doen
BIOGRAFIE:
Adv. Greta Engelbrecht praktiseer sedert Januarie 2004 as advokaat en haar fokusareas sluit in Mededingingsreg, Arbeidsreg en die Wet op Diensbillikheid.
Adv. Engelbrecht tree gereeld op in hoëprofielsake waarvan enkele voorbeelde in ʼn arbeidskonteks die volgende insluit: Solidariteit namens Barnard versus die SAPD, waar sy in sowel die hoogste hof van appèl as die konstitusionele hof opgetree het; Solidariteit versus die departement van korrektiewe dienste waar sy vanaf die eerste konsultasie tot in die konstitusionele hof by die saak betrokke was; en die onlangse sportkwotasaak in die arbeidshof.
Adv. Engelbrecht is ʼn raadslid van die Rule of Law Project en beywer haar daarvoor dat geregtigheid geskied.
Adv. Engelbrecht het haar BA-graad in 1996 aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf, en het haar LLB-graad in 1998 verwerf.