Orania: Vierde Industriële Rewolusie (4IR) seminaar

KURSUSSTATUS:

GRATIS

Neem hierdie kursus

Die Vierde Industriële Rewolusie is nie iets wat nog op pad is nie – dit is reeds met ons. Die meeste mense weet nie presies wat dit behels en hoe om daarvoor voor te berei nie. Hierdie webinaar sal jou inlig oor hierdie rewolusie en hoe dit ons werk, omgewing, ekonomie, besighede en gemeenskappe gaan raak.

KURSUSBENAMING:

Wat om te verwag van die Vierde Industriële Rewolusie (4IR)

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

22 Oktober 2019

09:00 – 13:00

KURSUSFORMAAT:

Seminaar

KOSTE VAN KURSUS:

Gratis

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

CVO skool ouditorium

Orania

OORSIG VAN INHOUD
Die Vierde Industriële Rewolusie is nie iets wat nog op pad is nie – dit is reeds met ons. Die meeste mense weet nie presies wat dit behels en hoe om daarvoor voor te berei nie. Hierdie webinaar sal jou inlig oor hierdie rewolusie en hoe dit ons werk, omgewing, ekonomie, besighede en gemeenskappe gaan raak.

KURSUSUITKOMSTE:
1. Rus jouself toe met feite oor die Vierde Industriële Rewolusie.
2. Plaas jouself op die voorpunt van die nuutste verwikkelinge tydens die rewolusie.
3. Wees voorbereid vir wat kom.
4. Verstaan wat jy moet doen om nie onkant betrap te word nie.
5. Weet of jy en jou beroep op die regte pad is, en of jy moet dink aan ekstra vaardighede
WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?
Die seminaar is vir enige persoon, jonk en oud, wat nuuskierig is oor die Vierde Industriële Rewolusie, asook enige iemand wat dalk mag bekommerd wees daaroor.

BIOGRAFIE:


Dr. Juran van den Heever, tans die uitvoerende hoof van S-leer, het sy PhD in Kommunikasiebestuur behaal. Alhoewel hy homself nou op die leeromgewing toespits, bly kommunikasie en veral waarheen dit op pad is, vir hom na aan die hart. Dr. Van den Heever het in sy verhandeling ’n model ontwikkel wat maatskappye kan gebruik om hul maatskappy se aanlyn reputasie te bestuur.

Neem hierdie kursus