Outlook-produktiwiteit

KURSUSSTATUS:

R 1400

Neem hierdie kursus

Hierdie is ʼn uitnodiging na ʼn klein groepie (nie meer as 12 nie) vir ʼn intensiewe en interaktiewe, praktiese hande-op-jou-sleutelbord werkwinkel wat jou sal help om jou persoonlike produktiwiteit te verbeter. Jy werk op jou eie Outlook (weergawe 2010 en later) en kan verbeteringe daar en dan implementeer.

Bring jou skootrekenaar en werk intyds op jou eie Outlook sodat jy nie agterna nog ekstra tyd nodig het om jou nuwe kennis en vaardighede te implementeer nie. (Ons sal in buitengewone omstandighede rekenaars voorsien.)

BELANGRIKSlegs vir gebruikers van Outlook op die Windows (PC)  bedryfstelsel.  As jy Outlook vir Mac gebruik, sal hierdie sessie ongelukkig nie vir jou werk nie.

 

KURSUSBENAMING:

Outlook-produktiwiteit – Kry die regte dinge gedoen

BELANGRIKSlegs vir gebruikers van Outlook op die Windows (PC)  bedryfstelsel.  As jy Outlook vir Mac gebruik, sal hierdie sessie ongelukkig nie vir jou werk nie.

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datums:            21 Februarie 2019 / 28 Mei 2019 / 30 Mei 2019

Tyd:                09:00 – 16:30

 

KURSUSFORMAAT:

Interaktiewe praktiese werksessie waar jy beproefde produktiwiteitsbeginsels intyds op jou eie Outlook (enige weergawe) implementeer.

 

KOSTES VAN KURSUS:

Solidariteit lede:  R840

Nie-lede:  R1400

 

KENNISGEWING:

Onthou asb. u eie skootrekenaar

BELANGRIKSlegs vir gebruikers van Outlook op die Windows (PC)  bedryfstelsel.  As jy Outlook vir Mac gebruik, sal hierdie sessie ongelukkig nie vir jou werk nie.

PLEK WAAR DIE KURSUS AANGEBIED WORD:

S-Leer

Kremetart raadsaal

Solidariteit Hoofkantoor

Kloofsig

Centurion

Sien die kaart hier

 

OORSIG VAN KURSUS:

Hierdie is ʼn uitnodiging na ʼn klein groepie (nie meer as 12 nie) vir ʼn intensiewe en interaktiewe, praktiese hande-op-jou-sleutelbord werkwinkel wat jou sal help om jou persoonlike produktiwiteit te verbeter. Jy werk op jou eie Outlook (weergawe 2010 en later) en kan verbeteringe daar en dan implementeer.

Bring jou skootrekenaar en werk intyds op jou eie Outlook sodat jy nie agterna nog ekstra tyd nodig het om jou nuwe kennis en vaardighede te implementeer nie. (Ons sal in buitengewone omstandighede rekenaars voorsien.)

 

  • MS Outlook word dwarsdeur die werkwinkel intyds as implementeringsinstrument gebruik.
  • Hierdie oorsig beskryf die inhoud van die werkwinkel, nie noodwendig die volgorde daarvan nie. Beskou elke onderwerp as ʼn boublokkie in jou nuwe “gereedskapstel” vir produktiwiteit.

Algemene produktiwiteits- en tydsbesparende wenke vir Outlook en ander Windows-programmatuur

• Navigeer en skep nuwe Outlook-items 50% vinniger.
• Skep outomaties nuwe items uit enige ander inligtingsbron
• Tydsbesparende sleutelbord-kortpaadjies in Outlook en Windows

 

Bestuur werkvloei vir hoë werkverrigting: laat dinge makliker en vinniger gebeur as wat verwag is
• ʼn Kalm gemoed is produktief – kry goed uit jou kop en in jou stelsel.
• “Map for Action”: ʼn Stelsel wat chaos in orde omskep
• Maak jou werk sigbaar en doenbaar (jou inboks is NIE jou doenlysie nie).
• Aksiebestuur vs tydsbestuur

 

UITKOMSTE VAN KURSUS:

Gebruik Outlook as produktiwiteitsinstrument in jou onderneming
• Tydspesifieke aksies: produktiwiteitswenke vir jou kalender.
• Vir dinge wat so gou as moontlik gedoen moet word:   Produktiwiteitswenke virdie bestuur daarvan in Outlook Tasks.
• Prioritiseer jou werk.
• Delegeer alles wat jy kan en volg dit op.
• Bestuur items wat met ander bespreek moet word en kommunikeer maklik daaroor.
• Skep ʼn daaglikse en weeklikse roetine om take te hersien en vooraf te beskou (“review and preview”).  Dit verseker dat jou stelsel op datum bly.
• Gebruik “Outlook Notes” om aantekeninge te maak.

Organiseer en verwerk jou e-pos doeltreffender
• Sorteer e-pos – verwerk dit op ʼn hoë vlak.
• Struktureer e-posvouers.
• Gebruik “Rules” om in beheer van jou e-pos te bly.
• “Quick Steps” (Outlook 2010 en later)
• Kry inligting maklik: Skep ʼn opspoorstelsel in plaas van ʼn liasseerstelsel.
• Maak jou werk sigbaar en doenbaar, van die inboks tot die kalender en take.

 

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Individue of spanne vir wie die verdere verhoging van produktiwiteit en doeltreffendheid belangrik is.  Omdat hierdie kursus op beginsels gefundeer is, werk dit vir enige industrie en enige rol in die onderneming (groot en klein) wat die gebruik van Outlook vereis.

 

BIOGRAFIE:

Gerrit Cloete is ʼn hardwerkende, lui mens – hy werk baie hard daaraan om die beste maniere te kry om die regte dinge met so min as moontlik moeite gedoen te kry.

Nadat hy fisika, chemie en wiskunde aan Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch aangebied het en projekbestuurder by Somchem was, het hy in 1991 sy onderneming, Productivity Pit Stop, op die been gebring.

Sedertdien het hy die voorreg gehad om ʼn paar “reuse” in die veld van persoonlike doeltreffendheid, effektiwiteit en produktiwiteit te ontmoet en met hulle saam te werk: Stephen R. Covey (The 7 Habits of Highly Effective People), David Allen (Getting Things Done: The Art of Stress-Free Productivity), Jerry Fletcher (Patterns of High Performance), Jim Horan (The One Page Business Plan) en Barbara Hemphill (Taming the Paper Tiger at Home).

Hy beskou sy taak soos dié van ʼn dirigent wat die produktiwiteitsbladmusiek van verskeie “komponiste” interpreteer en dit dan lewendig maak met die “orkeslede” wat aan sy werkwinkels en individuele onderrigsessies deelneem.

Hy het reeds ʼn positiewe bydrae gelewer om meer as 15 000 mense in meer as 300 organisasies (wat 67 van die top 500 besbestuurde maatskappye in Suid-Afrika insluit) te help om meer produktiewe, gelukkige en vervullende lewens te geniet.

Richard se passie is om die uitvoer van alledaagse en werkverwante, prosesse makliker en vinniger te maak. Dit motiveer hom al die afgelope 20 jaar om innoverende oplossings te skep om persoonlike produktiwiteit te verhoog. Hy vind dit baie bevedigend om hierdie kennis met mense te deel, maar sy grootste beloning is die spontane “Sjoe! Dit gaan my lewe makliker maak!” wat sonder uitsondering tydens werkwinkels hoor.

KREDIETE:

Geen

 

Neem hierdie kursus

e-Leer-inhoud

Lesse Status