Positiewe energie om stres en uitbranding te voorkom

KURSUSSTATUS:

R 465

Neem hierdie kursus

Stres is nie onbekend aan enige persoon nie. Dit is met ons sedert die mens se bestaan. Ons het waarskynlik ons oorlewing as ‘n spesie te danke aan ons stresreaksie. Dit mag alles goed en wel wees, maar die lewe in die 21ste eeu, met al sy uitdagings, het so verander dat ons natuurlike stresreaksies dikwels lei tot ongemak en uitbranding, eerder as om ons te beskerm. Ons kan beslis nie meer staatmaak op ons natuurlike programmering nie, maar moet eerder maniere vind om die uitdagings proaktief te bestuur. Hierdie webinaar fokus op die effektiewe hantering van stressors en hoe om ‘n goeie leefstylbalans te behou.

 

KURSUS BENAMING:

Positiewe energie om stres en uitbranding te voorkom

 

DATUM EN DUUR VAN KURSUS

Datum:           28 Mei 2019

Tyd:                13:00 – 14:00

 

FORMAAT VAN KURSUS:

Webinaar

 

KOSTES VAN KURSUS:

Solidariteit lede:  R310 

Nie-LedeR465

 

PLEK WAAR DIE KURSUS BYGEWOON WORD:

In die gerief van jou eie kantoor, kry gerus ‘n lekker koppie koffie.  Ons sien jou daar.

 

OORSIG VAN KURSUS:

Stres is nie onbekend aan enige persoon nie. Dit is met ons sedert die mens se bestaan. Ons het waarskynlik ons oorlewing as ‘n spesie te danke aan ons stresreaksie. Dit mag alles goed en wel wees, maar die lewe in die 21ste eeu, met al sy uitdagings, het so verander dat ons natuurlike stresreaksies dikwels lei tot ongemak en uitbranding, eerder as om ons te beskerm. Ons kan beslis nie meer staatmaak op ons natuurlike programmering nie, maar moet eerder maniere vind om die uitdagings proaktief te bestuur. Hierdie webinaar fokus op die effektiewe hantering van stressors en hoe om ‘n goeie leefstylbalans te behou.

 

UITKOMSTE VAN KURSUS:

Tydens hierdie webinaar sal jy leer hoe om:

  • jou stres in toom te hou sodat dit tot positiewe resultate kan lei
  • realistiese en volhoubare rituele te gebruik om jou stres produktief te bestuur
  • te mik vir vordering, en nie perfeksie nieAim for progress, not perfection
  • jou werk en lewe sinvol te integreer
  • op te tree wanneer jy oorweldig voel deur die eise van die lewe

 

WIE BEHOORT DIE KURSUS BY TE WOON?

Enige persoon wat sy/haar stresreaksies beter wil bestuur en wat daarteen probeer waak om ‘n slagoffer te word van negatiewe gevolge van chroniese stres.

 

BIOGRAFIE:  KARINA DE BRUIN

Karina de Bruin is tans die Besturende Direkteur van JvR Academy, ‘n maatskappy wat fokus op die ontwikkeling van gedrags- en ander vaardighede wat relevant is vir sukses in die moderne werkplek. Sy is ‘n geregistreerde voorligtingsielkundige met ‘n passie vir loopbaansielkunde. Sy was voorheen verbonde aan die Departement Sielkunde by die Universiteit van Johannesburg en het jare se praktykervaring as sielkundige. Sy publiseer gereeld artikels wat handel oor aanpassing in die hedendaagse gejaagde werksplek.

 

KREDIETE VAN KURSUS

Geen

 

 

 

Neem hierdie kursus